TEKEN HIER IN

Pinkster 2010

Nuusbrief

Skryf hier in
ONTHOU: Geregistreerde gebruikers word outomaties ingeteken op die nuusbrief. Registreer. Jy kan egter kies om nie te registreer nie, en steeds die nuusbrief te ontvang.
Seisoen van Luister Nuusbrief


Receive HTML?

Luistervaardighede

Banier

Statistiek

Lede : 622
Inhoud : 210
Web Skakels : 11
Inhoud Trefslae : 199453

Produkte

AddThis Social Bookmark Button
Vanderbijlpark en Vanderbijlpark-Wes het die hele reeks (10 aande) van "Stap saam met Jesus oor grense" gedoen - die vier teksgedeeltes uit Markus, Joh. 4, en dan die vyf teksgedeeltes uit Handelinge.     Wat 'n belewenis!    Daarvan getuig elkeen wat elke aand gekom het.  Selfs stoere Blou Bul-ondersteuners het 22 Mei die diens bygewoon eerder as om tuis die wedstryd tussen die Bulle en die Crusaders te kyk.

Vir my persoonlik was dit ook 'n geseënde tyd, veral die verhale wat elke aand vertel is oor daardie dag se ontmoetings met ander mense - die grense wat oorgesteek is, en wat oorgesteek moet word.   Almal het met groot vrymoedigheid hieraan deelgeneem, en ek kon agterkom hoedat lidmate baie meer bewustelik elke dag se ontmoetings met ander as geleenthede tot getuienis en dienslewering begin raaksien en aangegryp het.     Daar was en is 'n "commitment" om doelbewus grense na ander oor te steek...

Daar is verder groot belangstelling in die reeks "Die vrou by die put".    Ons begin daarmee aan die begin van die derde kwartaal.   Weereens dankie vir julle leiding, en die materiaal wat julle aan die kerk oor "luister" beskikbaar gestel het.

Groetnis hier uit Vanderbijlpark uit.

Cobus Niemand

Comments (0)
AddThis Social Bookmark Button
Coenie de Villiers se lied oor die Natuur, ons kerk, pas nogal mooi in by die waardes van die Seisoen van Luister:

Lees meer...

AddThis Social Bookmark Button

Chris, saam met al die ander is ek ook baie dankbaar vir die ongelooflike produkte wat julle tot ons beskikking stel. Dankie daarvoor.

Ek het vandag die geleentheid gehad om as aanloop tot Pinkster by ons gemeente se wyk vir bejaardes te preek oor die tema Stap saam met Jesus oor grense - met Joh 4 as preekteks.

`n Mens het dikwels die persepsie dat bejaardes baie moeiliker geneë sal wees om grense oor te steek. Vandag het ek ervaar dat die gedagte van grense oorsteek saam met Jesus baie entoesiasties ontvang is. Joh 4 en die inligting in die artikels wat julle beskikbaar gestel het, het dit moontlik gemaak om die waarheid baie duidelik oor te dra. Ek het heerlik gelees aan al julle artikels en voorstelle, en dit was nogal `n ding om te besluit wat om in `n eredienssituasie weg te laat ter wille van tyd. Gelukkig is daar die reeks wat voorlê wat nog baie geleenthede daarvoor bied.

Doen so voort!

Groete

Pieter Malherbe

AddThis Social Bookmark Button

.

1

April 2010 was 'n rekordmaand in alle opsigte vir die Seisoen van Luister hulpmiddels wat by ons 3 webtuistes afgelaai is: Seisoen van Luister, Bybel-Media en Gemeentedienste Netwerk, uiteraard vanweë die Pinksterreeks wat vir die eerste keer só beskikbaar gestel is.

  • 23 067 hulpmiddels is afgelaai (Maart 5 807)!
  • 18 053 was Pinkster PowerPoints en Word files.
  • Dit is 539% hoër as in Februarie 2010 (3 611).
  • Dit is 297% hoër as in Maart 2010, die maand wat die nuwe span begin het.
  • 4 489 van hierdie hulpmiddels was die normale Leesrooster Fokusteks se PowerPoints en Word files. Dit is 149 keer 'n dag, 1045 keer 'n week afgelaai. (vs Februarie 129 'n dag, 903 'n week; Maart 187 'n dag, 1311 'n week)
  • Vir die A-persoonlikhede onder ons: Die April tekste is as volg afgelaai:
    • Psalm 22 - 644;
    • Handelinge 10:34-43 - 681;
    • Handelinge 5:27-32 - 760;
    • Handelinge 9:1-6 - 627;
    • Handelinge 9:36-43 - 522;
    • Johannes 13:31-35 - 418 (in 5 dae).

Ek dink ons kan die Here baie dankbaar wees dat die hulpmiddels so gereeld gebruik word.

Dit was ook goed vir my om so 2 weke gelede by die Moderatorskonferensie in Wildernis van 'n groep in 'n gemeente (Fanus Henning van Hopetown) te hoor wat al meer as 10 jaar elke week bymekaar kom om die erediens te beplan aan die hand van die Leesrooster riglyne, en die afgelope 5 jaar met die Seisoen van Luister hulpmiddel daarby. En hulle praat met groot lof van die effek wat dit op hulle voorbereiding het. Ek vermoed daar is tientalle gemeentes wat dit so doen, indien nie meer nie.

Ons sal graag julle eie stories wil hoor: E-pos my, dan plaas ek dit by die Seisoen van Luister blad.

Dit bly 'n voorreg om deel te wees van hierdie wonderlike projek!

Ons het tans 415 gebruikers by die Seisoen van Luister, waarvan 300 die afgelope 2 maande ingeskryf het .... and counting!

God praat, leef luisterryk!!

Chris van Wyk

Webmeester Seisoen van Luister Taakspan
1

AddThis Social Bookmark Button

Subtitle: A guide for conducting meetings in congregations

Published by Bible Media

Summary of content:
An extensive guide using the Listening Cycle to help church leaders to organise and arrange meetings in such a way that church meetings will grow from regulative meetings to meetings that are in nature meetings of listening – to one another and to God.

Lees meer...

AddThis Social Bookmark Button

Beste Kollegas

Die impak van die Seisoen van Luister is moeilik peilbaar of kwantifiseerbaar, aangesien dit in die Seisoen gaan om die kultuur van die kerk. Die kultuur van die kerk is nie altyd die eerste ding wat opval wanneer die kerk evalueer word nie. Trouens, kerke word meestal beoordeel aan die hand van die sigbare programme of die aktiwiteite waarmee hulle hulle besig hou.  Die begrip ‘kultuur van die kerk'  betrek egter die kollektiewe aannames  (diskoerse) wat daar in  ‘n bepaalde geloofsgemeenskap heers. ‘Heers' beteken dat hierdie kollektiewe aannames bewustelik of onbewustelik bepalende invloed het op alles wat die kerk doen, d.w.s  ook die sigbare doen en late van die kerk.

Dit blyk al duideliker dat die Seisoen van Luister weliswaar op ‘n aantal punte ‘n impak gehad het op die aannames wat in die kerk heers. Ek vermoed die volgende aannames het o.a. geskuif of is verryk,  as gevolg van onder meer die impak van die Seisoen:

  1. Die aanname dat jou Bybel gelees moet word en dat jy moet bid, het verder gegroei tot die oortuiging dat die leesgebeurtenisse ‘n werklike ontmoeting is met die sprekende God wat veral deur die Woord praat. Die waarde wat versterk is verteenwoordig ‘n skuif van plig en gehoorsaamheid na ‘n verbintenis om God self te hoor praat.
  2. Die aanname dat gelowiges saam die Bybel moet lees om dieper insig en breër perspektief op die bedoelinge van God te kry, is tot so ‘n mate versterk dat dit nuwe leesgewoontes help skep het waarin openheid vir die perspektief en insigte van medeluisteraars gesoek en omarm word.
  3. Die aanname dat die diversiteit van my leesgenote die hoor van God bemoeilik, is verryk deur die aanname dat die diversiteit van ons leesgenote juis ons insigte in die bedoelinge van God verryk.
  4. Die aanname dat Christus die hoof is van die kerk en dat kerklike vergaderinge ordelik en in debatstyl moet geskied volgens vaste voorafbepaalde agendas en ordes met die oog op die eer van die Hoof, is verryk met die aanname dat die lewende Christus in kerklik vergaderings teenwoordig is en dat  die vergadering in dialoog met Hom ,die hoof, en met mekaar kan geskied. Dit het daartoe bygedra dat vergaderings al meer beleef word as veilige ruimtes waarbinne gelowiges eerlik en met vertroue in mekaar, met mekaar  se belange en veral die koninkryk kan besig wees.
  5. Die aanname dat God sy kerk roep tot volgelingskap en diens is verryk deur ‘n dinamiese proses van herhalende fokus op God se bedoelinge, dit waarmee Hy besig is, en dit wat Hy sou wou sien gebeur in ons denke en lewe in verskillende kontekste.
  6. Die aanname dat geloofsgemeenskappe mense moet innooi,  is verryk met die oortuiging dat die kerk saam met diegene wat op die rand van geloofsgemeenskap staan, of hulleself ver buite die geloofsgemeenskap bevind, moet gaan staan en saam met hulle na die Woord moet luister en na God moet vra in hulle kontekste.
  7. Die aanname dat grense tussen mense statiese werklihede is wat van buite gelowiges opgelê is, is verryk met die oortuiging dat grense meestal deur onsself geskep en in stand gehou word. Die waarde van deernis en openheid word dus versterk met die oortuiging dat volgelingskap van Christus juis beteken dat ‘opgelegde grense' tussen mense uitgedaag en oorgesteek word.

Lees meer...