AddThis Social Bookmark Button
Ek het geleer dat die eggo-oefening die mees basiese vaardigheid is wat lede van ‘n luisterryke byeenkoms onder die knie moet kry. Ek wil elke groep aanmoedig om dit in te oefen totdat dit ‘n kultuur in die groep word.

Die luistersiklus kan net werk indien ons na mekaar luister. Omdat ons so geneig is om in gesprekke eerder debat te voer as om werklik na mekaar te luister, is dit belangrik om die vaardigheid van eggo aan te leer. Aan die begin voel dit baie meganies en verg dit baie energie, maar later word dit deel van ons kultuur en begin luister werklik gebeur.

Hier volg stappe wat tydens sulke gesprekke gevolg kan word:

  • Ek luister na jou.
  • Dan eggo ek wat ek by jou gehoor het deur dit kortliks op te som.
  • Indien ek jou nie reg gehoor het nie, herhaal jy wat jy gesê het.
  • Ek eggo weer, totdat jy aan my die groen lig gee dat ek jou reg gehoor het.
  • Nou is dit jou beurt om vir my te eggo.
  • Ons hou aan om mekaar in ons gesprekke te eggo en vestig só ‘n kultuur van luister.

Lewer jou kommentaar hier, asb.