Vrydag, 26 Junie 2009 14:36 Laas Opdateer op Vrydag, 26 Junie 2009 14:39
In groepe waar daar nie ‘n kultuur van luister is nie, maar eerder ‘n vyandige, aanvallende en afbrekende kultuur, kan die volgende oefening help om ‘n kultuur van waardering of bevestiging te vestig:- Identifiseer iemand in die groep wat julle wil bevestig - elkeen moet ‘n geleentheid kry.
- Die persoon draai sy of haar stoel om (die persoon moet nou luister, maar mag nie praat nie).
- Julle maak ‘n lysie van die eienskappe en gawes in die persoon wat julle waardeer en wil bevestig.
- Die persoon draai sy of haar stoel terug na die groep en die lysie word aan hom of haar voorgelees en verduidelik.
- Die persoon ontvang die lysie sonder om daarop kommentaar te lewer.
- Die groep bid vir die persoon.
- Die proses word met elke groeplid herhaal.




