AddThis Social Bookmark Button
Van ‘n fokus op die inhoud na ‘n Empatie met die emosies

Om werklik empaties te kan luister moet ons in die gewoonte kom om ons insigte en antwoorde te "kruisig". Peter Senge noem dit die dissipline van "suspending". Wanneer ek my voorveronderstellings, veral oor ande,r suspendeer, verander diskussie in dialoog en ontstaan "deep (emphatic) listening". To suspend one's assumptions means to hold them, "as it were ‘hanging in front of you,' constantly accessible to questioning and observation." Peter M. Senge, The fifth discipline

Waardes wat ‘n veilige empatiese luister bevorder ...

  • Daar kan oor enigiets gepraat word, solank dit deel van die groep se ervaring is. (Die agenda is oop en word nie net deur die ampsdraers bepaal nie)
  • Ons hanteer alles vertroulik, selfs as die groep ontbind.
  • Ons luister waarderend sodat ons die ander deur God se genadige oë kan sien.
  • Ons onderbreek nie mekaar nie en ons gee nie raad nie.

Onthou : Wanneer iets betekenisvol in ‘n vergadering gebeur, dikwels omdat iemand iets van sy/haar emosies of gebrokenheid wys, en dit word geignoreer, kan daar niks betekenisvol weer daarna gebeur nie.

Prakties

Identifiseer ‘n onderwerp waaroor daar verskillende opinies en emosies in die groep is.

Doen dan die oefening as volg:

  • Elke persoon het ‘n skoon papier om op te skryf en ‘n pen gereed.
  • Voordat ons begin praat skryf elkeen sy/haar idees of uitkomste tov die saak neer op die papier.
  • Ons steek hierdie idees op teen ‘n bord om dit te suspendeer en onderneem om dit nie deel te maak van ons response op die verskillende standpunte.
  • Elke persoon kry geleentheid om sy/haar standpunt te stel.
  • In ons respons be-oefen ons die gewoontes van "eggo" en "bevestiging".
  • Indien dit nodig is om konsensus te kry kan ons aan die einde na die gesuspendeerde idees kyk en die wysheid daarin soek.

Lewer jou kommentaar hier, asb.