Vrydag, 26 Junie 2009 14:41
Dit is belangrik dat ons in groepe met beide ons verstand en ons hart moet luister.
Met ons denke probeer ons verstaan wat mense sê: wat die punt is wat hulle maak. Ek ons kry maniere om te wys dat ons begryp wat hulle "argument" is.
As ons met ons hart luister hoor ons hoe mense voel oor dit waaroor hulle praat. Ons probeer nie vir mense sê hoe hulle "behoort" te voel nie maar luister na hoe hulle in werklikheid "regtig voel." Dan wys ons dat ons dit verstaan: "Ek raai dat jy (mad/sad/glad/scared) voel...?"
Baie mense het nie die woordeskat of uitdrukking te gee aan hulle emosies nie. As ons die emosies "be-naam" dan help ons hulle dit verstaan en sal die persoon se angs verminder.
Nie net woorde nie, maar oor ander uitdrukkings kan aan die persoon terug gespieël word: "Ek sien jy lig jou wenkbrou", "Jy praat al sagter" of "Jy sit weg van ons af".
Dit is ook belangrik om te onthou dat dit elke persoon se voorreg is om self te sê wat hulle emosies is. Ons moet altyd versigtig wees om nie emosies aan mense toe te dig sonder dat hulle kans het om te sê of dit regtig is hoe hulle voel nie.
Wenke
- Moenie enige iemand se emosies afmaak as onbeduidend en nietig nie.
- Luister op so ‘n manier dat die nader persoon kan agterkom jy hoor
- Moenie emosies oordeel of kritiseer nie
- Onthou woorde van begrip moet altyd kom VOOR woorde van aanmoediging.
- Dit help om die wêreld vanuit die ander persoon se perspektief te sien
- Raak bewus van jou eie emosies - hoe beter jy dit verstaan hoe meer kan jy ander mense help
- Wanneer toepaslik - deel wat jy voel.
- Onthou mense het dikwels verskillende (soms teenstrydige) emosies terselfdertyd




