AddThis Social Bookmark Button

Hier is ‘n paar “God-vrae” wat jou kan help om die groep te laat fokus op wat God besig is om te doen.

Wie is God?
  • Onderskeiding begin eintlik elke keer by hierdie eenvoudige vraag: Wie is God in hierdie situasie? Wie wil God vir ons wees in hierdie situasie. God openbaar homself verskillend in elke konteks.  Geloofsonderskeiding is om God weer nuut te ontdek in die situasie waarin ons nou is.
Waarmee is God nou besig?
  • ‘n Belangrike vraag as mense dink dit gaan baie sleg.  Dit help hulle om raak te sien dat God in “slegte” tye juis besig is om deur sy Gees vernuwingswerk te doen. Is God nog die subjek van ‘n aktiewe werkwoord in ons taal? Pat Keifert is bekend daarvoor dat hy in sulke moeilike situasies aan leiers wat hom sou vra: We really do not know what the hell is going on,” ‘n wedervraag te vra: “Lets talk about what in heavens name God is up to?”
Wat is God besig (herhaaldelik) om vir ons te sê?
  • Ons het almal die ervaring dat die Here in ‘n sekere tyd van ons lewe byna oor en oor dieselfde ding vir ons sê.  Dit is een van die wonderlike ontdekkings wat gemeentes maak wanneer ons stil genoeg raak om na God se stem te luister. Omdat ons weet dat dit één Gees is wat ons lei, kan ons met vrymoedigheid as leiers luister na die getuienisse van die gemeente, en sal ons die ontdekking maak die Gees in ‘n spesifieke tyd ‘n spesifieke boodskap bevestig (Ef 4)
Aan wie behoort jy?
  • Hoewel hierdie vraag nie direk na God verwys nie, is dit ‘n uiters belangrike vraag wat ons help om weer te verstaan dat ons nie aan onsself behoort nie maar aan God; dat Christus die hoof is van ons lewens.
Wat is God se droom vir jou?
  • God het ‘n droom dat jy as gestuurde ‘n verskil sal maak in die wêreld, ‘n groter en beter verskil sal maak. Ons kan nie na die wil van God vra sonder om nie ook stil te staan hierby nie. Ons bestaansdoel het te make met iets wat groter is as onsself, eenvoudig omdat God en Sy drome vir die wêreld altyd groter is as wat ons verstaan of wie ons is.

Lewer jou kommentaar hier, asb.