Vrydag, 26 Junie 2009 14:52
Die meeste mense wat oor luister skryf, is oortuig dat dit ten diepste met mag te make het. Dié wat in die magsposisie is, is nie geneig om te luister na dié sonder mag nie, maar verwag dat daar na hulle geluister sal word. Christus het dit verskeie kere duidelik gemaak dat Hy nie ‘n heerser is nie, maar ‘n vriend of selfs ‘n slaaf.
Dit is opvallend dat Hy in sy kontak met mense, veral met vreemdelinge, byna sonder uitsondering eers geluister het voordat Hy gepraat het. Toe die blinde Bartimeus Hom nader, het Jesus nie aanvaar dat die man graag wou sien nie, maar Hy het eers na Bartimeus geluister (Mark 10:46 ev). By Christus was dit nie net ‘n tegniek nie, maar ‘n ingesteldheid of ‘n gesindheid, soos Filippense 2:5 sê, om afstand te doen van mag, sodat dié na wie daar gewoonlik nie geluister word nie, gehoor kan word.
Ons is baiekeer skuldig aan ‘n manier van luister wat as “dominerende luister†beskryf kan word. Ons luister wel, maar bly domineer met ons vrae of houding. Ons is meestal nie bewus daarvan nie, omdat dit so deel van ons manier van doen is dat ons nie meer agterkom ons doen dit nie. Kyk gerus na die volgende vyf maniere van “luister†wat hier onder beskryf word. Stel was watter maniere die meeste in julle gesels voorkom.
- Evaluerende luister (beoordeel): Ek dink die hele tyd of dÃt wat die persoon sê “reg†of “verkeerd†is.
- Interpreterende luister (amateur-sielkundige): Ek soek na die redes vir dit wat die persoon sê, doen of dink.
- Ondersteunende luister (troos): Ek wil die persoon troos en laat beter voel.
- Vraende luister (kruisondervraging): Ek vra baie vrae om beter te verstaan.
- Outobiografiese luister (staaltjies uit die verlede): Ek vertel my verhaal om te wys ek verstaan.
Â




