Vrydag, 26 Junie 2009 14:55
Die vrye vloei van inligting tussen mense hou die verhouding se âsenuwee-stelselâ gesond. Ons vermoĂ« om probleme te kan oplos, nuut te kan dink, uitdagings aan te pas en doelwitte te bereik hang af van hoe gesond die terugvoer siklus werk in die verhouding. Die inligting wat ons nodig het om te verstaan en te groei is dikwels nie in ons eie hande nie. Nog erger, dit is dikwels vir ander moeilik om dit vir ons eerlik en reguit te sĂȘ.
Dit is veral waar as dit goed is wat ons nie wil hoor nie. Informasie wat moeilik is om âte vatâ Ons werk later met ân verwronge beeld van die werklikheid omdat die mense met wie ons kontak het inligting versag, verwring of verswyg om ons nie te ontstel of seer te maak nie. Groepe mense het ongeskrewe reĂ«ls oor wat gesĂȘ mag word en wat nie.
Wanneer ons sorg dat daar onvermydelik deursigtige terugvoer âloopsâ is dan hou dit ons eerlik in verhoudings. Maar meer as dit, dit verhoog die kanse op sukses. Terugvoer âloopsâ sorg dat die regte inligting op die regte tyd by die regte mense uitkom.
ân Terugvoer âloop is onvermydelik as dit van self gebeur. As ek met ander woorde die terugvoer kry of ek dit wil hĂȘ of nie. Dit is deursigtig as dit in die openbaar gebeur â vir almal om te sien.
Ons dink dikwels dat ons meer weet as wat ons regtig weet.  As ons nie in beheer is nie dan filter ons al die slegte nuus wat ons laat met ân gevaarlike klomp goed wat ons nie weet nie. Dit is veral waar vir die mense wat die meeste âmagâ in ân groep of organisasie het.
Wyse mense het maniere uitgevind om die ârouâ inligting te kry. Die ârouâ data help ons om in oorgange en grenssituasies beter, maar ingeligte keuse uit te oefen.
Wenke
- Dit help om die heeltyd jouself af te vra: Is dit vir mense veilig om slegte nuus vir my mee te deel? Wat het ek die vorige keer gedoen toe iemand dit probeer het. Het ek kwaad geword? Begin sulk? Die mens teruggekry?
- Bedank mense wat dit waag om eerlike bekommernisse te verwoord.
- Plaas jouself in ân situasie waar jy kan agterkom wat gaan regtig aan en luister onbevange en onbedreig.
Â




