Vrydag, 26 Junie 2009 14:57
Hoe langer ‘n groep mekaar ken, hoe langer kan dit duur om na al die stories van die afgelope week te luister. Kom met die groep ooreen hoeveel tyd julle aan hierdie deel gaan afstaan. Hou dan daarby. Die groep kan ook ‘n joernaal hou waarin van die stories wat hulle vertel, opgeteken word. Groeplede kan vir mekaar voorbidding doen en boekhou van wat die groep van die Here hoor.



