AddThis Social Bookmark Button

Persone wat niks sĂȘ nie, moet weet dit is reg so! Niemand word gedwing om te praat nie. Onthou dat daar ‘n hele paar redes kan wees waarom mense stil kan wees.  Reageer dienooreenkomstig:

  • Hulle is net rustig en wil graag na ander luister.
  • Hulle weet nie hoe nie.
  • Hulle is skaam of onseker.
  • Hulle is bewus daarvan dat hulle moontlik te veel praat.
  • Hulle wil in voeling kom met hulle eie emosies.

Spanne van twee, wat nĂĄ hulle gesprek aan die groep vertel wat hulle maat gesĂȘ het, kan baie goed werk om mense te help om te begin deelneem aan die gesprek.

Begeleiers help mense om te luister as hulle verstaan dat die luistersiklus ook oop ruimtes moet hĂȘ. Gebruik tye van stilte rondom die lees van die Skrifgedeelte. Gebruik dit as ‘n gesprek uitrafel en mense in raadgee verval. Dit is nie waar dat ”niks aan die gebeur is” as ons almal stilbly nie. Raak bewus van hoeveel helderheid daar dikwels nĂĄ tye van stilte ontwikkel.

Party groepe het selfs die reĂ«l dat iemand meer as een keer by elke vraag mag praat nie. Die gevolg is dat die spoed afneem en die luister toeneem. Die mense wat normaalweg baie praat dink meer vóórdat hulle praat en diĂ© wat min praat, vind skielik ruimte om ook hulle sĂȘ te sĂȘ. Moenie dink jy kan luister aan geraasvlakke meet nie!
As mense sukkel om by die punt te bly, kan jy hulle na die punt terugbring deur te fokus op een persoon se bydrae en te sĂȘ: ”Kom ons luister verder na wat sy gehoor het.” Ons moet immers mense help om te luister en nie te bepreek nie!

Lewer jou kommentaar hier, asb.