AddThis Social Bookmark Button

Om mense te help om te luister kan jy ook nog die volgende in gedagte hou:

Mense hoor as hulle dink
  • Begelei mense om hulle eie gevolgtrekkings te maak.
  • Hanteer mense met respek en waardeer hulle.
  • Verwag van hulle om te dink.
  • Self-leer is al leer wat jou regtig leer.
Mense hoor vanuit hulle eie stories
  • Help mense om hulle eie kennis en ervaring te deel.
  • Skep ‘n luister-oomblik deur die Bybelverhaal en die mense se stories te laat oorvleuel.
  • Gebruik die ervarings tussen byeenkomste as wegspringplek.
Mense hoor as hulle self probeer
  • Betrek hulle deur aktiwiteite.
  • Dink saam met hulle na oor waar groei reeds by hulle plaasgevind het.
  • Oefen die luistervaardighede tydens byeenkomste.
Mense hoor deur vrae
  • Laat mense die inhoud van die Skrifgedeelte bevraagteken vanuit hulle eie waardes, ervaring en denkraamwerke.
  • Akkommodeer verskillende ”leerstyle”.
Mense hoor as dit veilig is
  • ”Always save face.”
  • Skep ‘n aangename, nie-bedreigende en aanvaardende atmosfeer.
Hoor begin by ‘n aanvoelbare behoefte
  • Vra mense om jou te help om prioriteite vas te stel.
  • Laat hulle die luisterproses saam met jou beplan.
Mense hoor as hulle die groter prent sien
  • Gee ‘n eenvoudige groter raamwerk vroeg in die proses.
Mense hoor as die aanbieder self kan luister
  • Verwoord wat jy by hulle wil leer.
  • Gee terugvoer oor wat jy reeds by hulle geleer het.
  • Laat hulle toe om jou styl en proses te bevraagteken.
  • Hanteer hulle altyd volwasse, soos jy jou beste vriend/in sou hanteer.

Lewer jou kommentaar hier, asb.