Vrydag, 26 Junie 2009 15:06
Dit is goed om te onthou dat mense net kan verander en groei as dit veilig is om die maskers te laat sak. ‘n Mens kan net jou skanse laat sak as die ruimte een is van onvoorwaardelike aanvaarding. Om so ‘n ruimte te skep moet alle kritiek (ek weet beter wat jy moet doen as jyself) en spot (jy is regtig nie normaal nie) gestop word.
As ons toelaat dat iemand in ‘n groep ‘verkleineer’ word raak die omgewing onmiddellik onveilig. As die groep weet dat daar reëls is van hoe ons met mekaar praat en verskil, voel almal veilig en lig die deelname.
As gelowiges skep ons sulke ruimtes waar dit veilig is om te speel – sandputte om in te glo. ‘n Sandput is veilig om in te speel en almal is gelyk en daar is duidelike heinings (waardes) wat dit veilig maak.
As ‘n mense ‘n veilige ruimte wil skep waar mense mekaar kan leer ken en eerlik kan connect is daar ‘n paar goed wat jy kan doen:
- Onderhandel waardes vir die groep. Lys en groepeer mense se reaksies op die vraag: As die groep hoe is sal dit goed wees om deel van die groep te wees?â€
- As iemand doodgepraat (of nog erger in die rede geval word) begin die rol speel van klankbord: “Ek wil net terugkom na wat … gesê het, ek is nie seker ons het haar gehoor nie. …, jy het gesê dat …, wil jy meer daarop uitbrei?â€
Mense moet weet dat ons hulle emosies ernstig vat en nie ‘verkleineer’ nie. Emosies is ‘n belangrike deel van wat ons deel. Dit is egter nie al nie. Ons moet ook luister om agter te kom wat agter dit lê sodat ons verder kan gaan as die emosies.
Wenk
Vra jouself af: Wat het ek gedoen om die mags-verhoudings in die groep meer ewewigtig te maak?




