AddThis Social Bookmark Button

Daar is ‘n slagspreuk wat sê: ”Die gebou wen altyd.”

Die plek waar ons bymekaarkom, bepaal dikwels meer as enigiets anders of ons kan luister of nie. Doen moeite om plekke te kies wat luister vergemaklik.

Die groep moet hulle afvra: ”Is die plek waar ons nou bymekaarkom ‘n goeie plek om in te praat? Sou ons op eie inisiatief hier bymekaar-gekom en gepraat het oor die dinge wat ons ruk en bly maak? ”

Lewer jou kommentaar hier, asb.