Donderdag, 15 Julie 2010 17:13
'n Klompie manne van Oudtshoorn-Noord gemeente was die eerste naweek van die "sokkervakansie" Gamkaskloof of Die Hel toe. Voor ons eerste stilword sessie waar elkeen 'n koers in is om met Ps 8 te gaan stilraak om na God te gaan luister, het ons eers na Coenie se liedjie geluister. Dit het die atmosfeer geskep vir 'n ongelooflike stilword saam met God, getuig van die manne agterna. Dankie vir "Katedraal", Coenie



