Woensdag, 12 Mei 2010 12:50 Laas Opdateer op Woensdag, 12 Mei 2010 13:16
Daar is nie regtig 'n "storie" agter die die verandering in ons werkswyse nie. Nous, wat vroeër die PowerPoint en Word hulpmiddels vervaardig het, het 'n ander rigting ingeslaan. En ons het 'n nuwe span saamgestel om die werk voort te sit. Die huidige span is Chris van Wyk, Danie Mouton en Rethie van Niekerk. Ons is ook besig om 'n nuwe span saam te stel, en sal heel moontlik met 'n hele paar spanne in die toekoms werk, om die werk volhoubaar te kan doen. So, DV, sal ons aangaan. En onthou om vir ons verhale van luister te vertel!



