Newsletter Archive
Subject: Pinkster 2011
Send date: 2011-03-30 21:21:54
Issue #: 7
Content:

SEISOEN VAN LUISTER

in die spore van Barnabas - Pinkster 2011

Gevorm deur die Gees met geestelike gewoontes

“Barnabas was ’n goeie man, vol van die Heilige Gees en met ’n vaste geloof†– Hand 11:24

Pinkster is die tyd wat ons fokus op die werk van die Heilige Gees.  Ons leer Sy werk veral ken uit die verhale wat Lukas in Handelinge vertel.  Die verhale skep die verwagting by ons dat Hy vandag nog dieselfde doen.

Ons fokus daarom in Pinkster 2011 op wat die Heilige Gees deur die lewe van Barnabas gedoen het.  Aan die een kant daag die Heilige Gees ons uit om Barnabas se navolgers te word – as bemoedigers, borge, brugbouers, bemagtigers, bedienaars en begeleiers.  Hy wys immers vir ons hoe ’n lewenstyl gevorm word deur die geestelike gewoontes wat ’n mens in jou lewe bemeester.

Aan die ander kant bemoedig die Heilige Gees ons dat Hy altyd tweede kanse gee – soos Hy dit gedemonstreer het in die wyse waarop Barnabas Saulus en Johannes Markus bemoedig en begelei het.  Die Heilige Gees gee dus op ’n besondere wyse hierdie Pinkster weer hoop vir leiers en lidmate deur die voorbeeld van hierdie goeie man, Barnabas, wat vol was van die Heilige Gees en met ’n vaste geloof geleef het.

Die eksegetiese opmerkings en opsomming van die geestelike gewoontes is onmiddelik aflaaibaar.  Die bemarkingspamflet sal 13 April beskikbaar wees in Pdf en Word formaat, en die volledige preekriglyne en liturgieë in Powerpoint (2003 en 2007) en Word formaat sal 16 Mei beskikbaar wees.
Hier is 'n beskrywing van die hulpmiddels, geestelike gewoontes, die model van verandering waarmee ons werk, die verhaal van Barnabas,  'n oorsig oor Handelinge ensomeer wat jou in jou voorbereiding sal help.  GENIET en LEWER KOMMENTAAR hieronder oor die insigte wat jy in jou eie leeswerk opdoen en met ons ander wil deel!.
Chris van Wyk

Your Subscription:

Â