 |
[DATE]
Beste [NAME]
Die Pinksterreeks 2010 is gefinaliseer - meer as 'n week vroeër as beplan!
Soos julle weet, is die tema: Stap met Jesus oor Grense.
Vir elke tema is daar 'n PowerPoint en Word lĂȘer geskep. Die agtergronde werk met dieselfde tema: jelliemensies (jellybabies) wat elke keer volgens die teksonderwerp geherrangskik is om daarby aan te pas.
TEMAS
Die temas is as volg (klik daarop om direk daarheen te gaan):
Die grootste verskil wat die evangelie maak, lĂȘ nie in wat IN mense gebeur nie, maar wat TUSSEN mense gebeur. Verhoudings tussen mense is die plek waar ware gemeenskap gebeur. Om grense oor te steek: kultureel, eties, generasies, etnies, sosiaal, ekonomies, gender en noem maar self verder op, was en sal altyd die lewensbloed van die geloof in Christus bly.
Ons wil jou dus uitdaag om 'n reis dié Pinksterweek met jou gemeente te onderneem. Ons noem die reis: Stap met Jesus oor grense.
Vir 10 dae (of hoe lank jy ook al Pinkster gaan hou), gaan julle fokus op twee goed:
- die wyse waarop Jesus en sy kerk in die Evangelies en Handelinge grense oorgesteek het, en
- die mense wat die Here elke dag oor julle pad stuur, waarin ons self die grense sal ontdek waaroor die Here ons wil neem.
Markus 1:21-28; 40-45; 2:1-12; 23-27; 3:1-6; 31-35 (familie); 7:1-13; 14-23 Die evangelie lok altyd weerstand sowel as verwondering uit. Dit is egter opvallend dat die kerkmense van Jesus se tyd teen Hom in opstand kom. Hierdie weerstand teen die evangelie lĂȘ dus ook binne-in ons. Wanneer ons sien hoe Jesus grense oorsteek na mense wat in ons eie oĂ« dit dalk nie werd is nie, groei die weerstand ook in ons. Ook ons eie gebruike en taboes word uitgedaag. Om saam met Jesus grense oor te steek, beteken dat mens bereid moet wees om verras te word met hoe Hy grense oorsteek, en wie Hy insluit by sy familie. Jesus daag ons opvattings oor wie behoort, oor wie rein is, oor hoe genesing werk, oor watter gebruik werklik heilig is, en watter nie, voortdurend uit.
Markus 5:1-20 (Matt 8:28-34; Luk 8:26-39); 7:31-37 (Matt 15:29-31) Dit is goed om onsself daaraan te herinner dat ons ook buitestaanders was. Die âoorkantâ waarheen Jesus hier vaar, is dieselfde âoorkantâ waarheen Jesus later sy apostels stuur. Wanneer Jesus aan die oorkant aankom, woon ons voorouers in die noorde van Europa, of in die Ooste, op duisende plekke versprei. Hierdie duisende plekke is almal oorkant-plekke. Wanneer ons vandag, in navolging van Jesus grense oorsteek, doen ons dit nie maar uit ordentlikheid nie. Ons doen dit uit diepe dankbaarheid dat ons wat eenmaal nie deel was van die volk van God nie iewers langs die pad ingesluit is. Die uitdaging is of ons Jesus se inklusiewe karakter self baie goed verstaan, en of ons geestelik daardeur gevorm is. Maak ons ân gewoonte van insluiting? Soos Jesus?
Markus 6:1-6 (Matt 13:53-58; 9:35; Luk 4:16-30) In mens se plek van oorsprong word jy dikwels nooit die geleentheid gegee om meer te word as die situasie waarin jy gebore is nie. Mense onthou jou as âou Koos en Koekieâ se dogter. Dalk is jy aan die verkeerde kant van die spoor gebore, of het jy moeilike grootwordjare gehad. Dit bly dan in mense, wat jou as kind geken het, se gedagtes die permanente raamwerk waarin jy gesien en jou lewe beoordeel word. Dink ook aan mense wat misstappe in hul lewens begaan het. Dalk was jy in die tronk, of moes jy mediese behandeling ondergaan vir ân siektetoestand waarteen die samelewing vooroordele herberg. Mense kan hierdie vooroordele self internaliseer, wat dan beteken dat jy jouself as besmet begin verstaan, iemand wat nie bo die grense van jou verlede kan uitstyg nie. Jesus deurbreek hierdie grens. Hy eien nie sy oorsprongsgeskiedenis as ân beperking toe nie. Wanneer die ongeloof uiteindelik in Jerusalem volskaalse verwerping word, word dit juis die manier waarop daar versoening vir ons sonde, en uitkoms vir ons skande en beskaming bewerk word.
Markus 7:24-30 (Matt 15:21-28) Kerk-analis Herb Miller stel ân belangrike vraag: âWil jy graag hĂȘ dat die gemeente nog teen 2025 moet bestaan - bruis met lewe?â As ons antwoord ja is, dan stel hy voor dat ons oop moet wees vir die nuwe en die anderse. Nie net vir nuwe en anderse MANIERE van doen nie, maar ook vir nuwe en anderse MENSE! En nie net oop nie, maar gefokus daarop, intensioneel, doelgerig. Let op hoe die ras en godsdienstige verskille tussen Jesus en die heidense vrou onveranderd bly. Wat verander, is dat die moedige omgee van die vrou vir haar dogter deur God raakgesien word en vir Hom aanvaarbaar is, al is sy ân heiden, al is sy ân vrou wat alleen met ân man praat wat sosiaal onaanvaarbaar was, en daarby nog terugpraat as Hy aanvanklik nie wil doen wat sy vra nie. Jesus wys vir ons daarmee hoe om oop te wees vir nuwe moontlikhede en vir mense wat anders is. Selfs die hondjies is immers welkom in die koninkryk van God!
Johannes 4:1-42 Baie mense werk nog steeds met ân baie rigiede idee van hoe mans is en hoe vroue is. Mans is sterk en vroue sensitief. DiĂ© eienskappe is baie meer menslike eienskappe as wat dit net vroulike of net manlike eienskappe is. En selfs as 'n mens meer na die sterk kant of meer na die sensitiewe kant oorhel, mag dit nooit die basis wees om te diskrimineer teen iemand nie. Soos Jesus hier die grens oorsteek na 'n vrou, met haar sterk en sensitiewe kante, en deur haar die grens kan oorsteek na 'n dorpie wat ook uit mense wat sterk en sensitiewe kante het â so moet ons dit ook doen. Wat baie help om hierdie grens oor te steek, is om te besef dat mans en vroue in die eerste plek mense is en slegs in die tweede plek mans en vroue. En om verder in ag te neem, dat beide geslagte ân sterk en sensitiewe kant kan vertoon ... omdat hulle mense is.
Handelinge 6:10-7 Handelinge 6 is die afsluiting van die eerste fase van die uitbreiding van die evangelie na Pinkster, wat in 6:8 nou 'n volgende grens, diĂ© na Samaria en Afrika, gaan oorsteek. Dit is dus baie insiggewend dat diĂ© verhaal juis hier vertel word. Dit is amper asof Lukas wil sĂȘ, mense, julle kan nie evangelie oor die volgende grens neem, as julle nie bereid is om die grens binne julle eie geledere eers oor te steek nie, diĂ© grens tussen die Hebreeussprekendes en die Griekssprekendes, meer spesifiek rondom die versorging van die weduwees. Dit plaas ons voor die vraag: Het dit nie tyd geword dat ons met meer moeite die grense onderling na mekaar oorsteek nie? En ons hoor hier dat om dit te kan doen, sal ons moet leer hoe om brugbouers te word.
Handelinge 8:26-40 Etnisiteit was eintlik 'n grens wat Filippus maklik oorgesteek het. As ons egter na ons samelewing kyk, is dit steeds 'n grens wat baie mense onder ons moeilik oorsteek. Ons sukkel steeds met kleur in Suidelike Afrika. Nie dat ons nie weet dat die eenheid wat God bring rondom die evangelie, soos die verhaal van die EtiopiĂ«r ons weereens herinner, die grense van etnisiteit moet oorsteek nie, sodat kleur, sosiale status, en kultuur nie in ons pad staan om ân ware reĂ«nboog gemeenskap as beeld van God te vorm nie. Want, ons almal is die beeld van God, en elkeen van ons het ân bydrae om te lewer. As een van ons ons afskei, en nie wil saamstaan om God te verteenwoordig op hierdie aarde nie, dan skend ons die beeld van God.
Handelinge 10:1-48 Hoe wonderlik dat ons hier leer dat God nie partydig is nie. God tref nie onderskeid nie. Die mens se uiterlike voorkoms of uiterlike sosiale of godsdienstige verbintenis speel nie vir God ân rol nie, want God meet nie volgens menslike standaarde nie. God is Iemand wat veel meer geĂŻnteresseerd is in mense se houding teenoor Hom. God verwag van die mens eerbiedige respek vir Hom en en gehoorsaamheid aan sy wil. Daarom geniet Kornelius God se guns en seĂ«n. En dit is wat ân mens sien in die lewe van Kornelius, die kaptein in die Italiaanse regiment, wat sĂł gelewe het en daarom God se guns en seĂ«n geniet het. Om die waarheid te sĂȘ, God het hemel en aarde beweeg om aan hierdie eerbiedige man sy genade in Jesus te gee met die uitstorting van die Heilige Gees.
Handelinge 16:11-40 Die hele Europese kerkgeskiedenis begin met 'n eenvoudige verhaal van 'n vrou, nogal ryk ook, wat langs 'n rivier in Jesus begin glo. Ironies dat 'n Masedoniese man Paulus in 'n droom hierheen lok, en dat die eerste bekeerling 'n vrou is! Wys jou net hoe die evangelie nie langs die normale sosiale konvensies loop nie. Dit is interessant hoe God ongewone mense gebruik in die verspreiding van die evangelie na nuwe gebiede. In Afrika was dit 'n Ethiopiese ontmande. In Europa was dit 'n Grieks-Joodse vrou. Dit is asof God sulke mense kies om van die begin af te wys dat Hà agter die diversiteit in mense staan en verandering bring van die periferie af om só 'n sterk eenheid tussen diverse mense te smee.
Handelinge 17:16-34 In die Westerse kultuur word daar ân sterk onderskeid gemaak tussen ons publieke lewe, en ons private lewe. Daar word dan gesĂȘ dat godsdiens te doen het met ons private lewe, maar dat die openbare lewe vry gehou moet word van godsdienstige oortuigings. Godsdiens het nie ân plek in die markplein, in die opvoedkundige kurrikulum, of in die politieke lewe nie. Vir die Bybel is godsdiens egter ân publieke saak, en het geloof alles te doen met die markplein, of â in hierdie geval â met die sentrum van geleerdheid, die Areopagus. Paulus deins nie daarvoor terug om sy geloof in die publiek te verantwoord nie. Gemeentes en gelowiges moet op kreatiewe maniere daarna soek om ons geloof publiek uit te leef. In hierdie gedeelte doen Paulus dit deur ân uitnodigende publiek verantwoording van sy geloof te doen. Let op hoe respekvol hy dit doen, sonder om ander se oortuigings af te kraak, of as foutief of tweederangs te etiketteer. Baie moderne Christene het ân les om by Paulus te leer.
BONUS
Al die lĂȘers is ook in een zip-lĂȘer geplaas indien jy dit in een slag wil aflaai.
Dankie aan die Seisoen van Luister PowerPoint span, Chris van Wyk, Rethie van Nierkerk en Danie Mouton vir die diens wat hulle hiermee aan die kerk en koninkryk lewer!
Mag ons kerke regtig deur die Gees beweeg word om met Jesus oor Grense te stap!
Die Seisoen van Luister Taakspan
Your Subscription:
Â
|
 |