Die kerk groei deur grense oor te steek
Die grootste verskil wat die evangelie maak, lê nie in wat IN mense gebeur nie, maar wat TUSSEN mense gebeur. Verhoudings tussen mense is die plek waar ware gemeenskap gebeur.
Elkeen van ons is ‘n ketting, ‘n band wat mense verbind. Telkens as ons uitreik na mekaar in gemeenskap en versorging, en bereid is om grense oor te steek na ander, trek ons mense in, en gee dit sin en betekenis aan ander en ons eie lewe.
Om grense oor te steek: kultureel, eties, generasies, etnies, sosiaal, ekonomies, gender en noem maar self verder op, was en sal altyd die lewensbloed van die geloof in Christus bly.
Van die begin af was dit die patroon: waar gelowiges ‘n kulturele grens oorgesteek is, soos ons bv. in Handelinge 11 lees,  waar 'n paar onbekende Joodse gelowiges in Antiochië met die Grieke oor Jesus gesels het, kom daar 'n kerk tot stand. (11:19-20). En waar hulle dit nie gedoen het nie, het die kerk gekrimp of tot niet gegaan.
Stap dié Pinkster met Jesus oor Grense
Ons wil jou dus uitdaag om 'n reis dié Pinksterweek met jou gemeente te onderneem. Ons noem die reis: Stap met Jesus oor grense.
Vir 10 dae (of hoe lank jy ook al Pinkster gaan hou), gaan julle fokus op twee goed:
- die wyse waarop Jesus en sy kerk in die Evangelies en Handelinge grense oorgesteek het, en
- die mense wat die Here elke dag oor julle pad stuur, waarin ons self die grense sal ontdek waaroor die Here ons wil neem.
Elke aand moet dus ook só ingerig word, dat daar tyd is om te gesels hieroor in groepe of deur getuienisse. Die wêreld van die teks en die wêreld waarbinne ons leef, moet dus doelbewus in kontak met mekaar gebring word. Dit is die enigste manier waarop ons regtig die voorbeeld van Jesus en sy kerk kan volg om oor grense te begin stap in ons eie wêreld.
Preektekste
Klik hier om die PowerPoint en Word files af te laai
Die tekste wat ons gaan behandel in die Pinksterreeks is só gekies dat 5 uit die Evangelies kom en 5 uit Handelinge. Saam met die ander drie Leesrooster preke in die Pinkstertyd (Hemelvaart - Handelinge 1:1-11 [3 Mei beskikbaar]; 7de Sondag van Pase - Johannes 17:20-26 [3 Mei beskikbaar]; Pinksterfees - Johannes 14:8-17 [10 Mei beskikbaar]), gee dit jou genoeg materiaal om jou eie reeks saam te stel:
1. Kapernaum -Â Jesus steek grense in sy bediening oor
Markus 1:21-28; 40-45; 2:1-12; 23-27; 3:1-6; 31-35 (familie); 7:1-13; 14-23 - PowerPoint en Word (onthou om eers te registreer en daarna in te teken op die voorblad)
2. Dekapolis - Jesus bepaal wie binne en wie buite is
Markus 5:1-20 (Matt 8:28-34; Luk 8:26-39); 7:31-37 (Matt 15:29-31) - PowerPoint en Word (onthou om eers te registreer en daarna in te teken op die voorblad)
3. Nasaret - Jesus word verwerp in sy tuisdorp
Markus 6:1-6 (Matt 13:53-58; 9:35; Luk 4:16-30) - PowerPoint en Word (onthou om eers te registreer en daarna in te teken op die voorblad)
4. Siro-Fenicië - ‘n Hondjie eet krummels van die tafel
Markus 7:24-30 (Matt 15:21-28) - PowerPoint en Word (onthou om eers te registreer en daarna in te teken op die voorblad)
5. Samaria - Die vrou by die put drink lewende water
Johannes 4:1-42 - PowerPoint en Word (onthou om eers te registreer en daarna in te teken op die voorblad)
6. Jerusalem - Reg geskied aan die Griekse weduwees
Handelinge 6:10-7 - PowerPoint en Word (onthou om eers te registreer en daarna in te teken op die voorblad)
7. Ethiopië - Lig breek deur vir 'n minister van finansies
Handelinge 8:26-40 - PowerPoint en Word (onthou om eers te registreer en daarna in te teken op die voorblad)
8. Seserea - Die Gees val op Kornelius die Italiaanse kaptein
Handelinge 10:1-48 - PowerPoint en Word (onthou om eers te registreer en daarna in te teken op die voorblad)
9. Filippi - Eerste Europese gemeente gestig met Lidia, ‘n slavin en ‘n bewaarder
Handelinge 16:11-40 - PowerPoint en Word (onthou om eers te registreer en daarna in te teken op die voorblad)
10. Atene - In publieke gesprek oor geloof
Handelinge 17:16-34 - PowerPoint en Word (onthou om eers te registreer en daarna in te teken op die voorblad)

