Sondag, 24 Januarie 2010 17:13 Laas Opdateer op Vrydag, 26 Maart 2010 10:31
Die vrou by die put (deelnemersgids) - Chris van Wyk e.a
( Bybel-Media )
Prys: R25.00 (14 % BTW ingesluit) - koop aanlyn
Opsomming van inhoud: Die skrywers van Die vrou by die put gebruik die verhaal wat in Johannes 4 opgeteken is – Jesus en die Samaritaanse vrou – as vertrekpunt om te sê: God het ons gemaak met die behoefte om in gemeenskap met mekaar te wees. God het ons geroep om vir ander te leef, maar dit beteken om waarlik by hulle teenwoordig te wees. En om waarlik by hulle teenwoordig te wees moet ons grense na hulle toe oorsteek. En dit is presies waarmee hierdie boek gelowiges help.Die vrou by die put is deel van die Groei oor grense-program, wat deel vorm van die Seisoen van Luister, en is spesiaal ontwerp vir groepe. Dit bestaan uit ’n leiersgids en ’n deelnemersgids.
Die drie hoofstukke van die deelnemersgids bied aan die groepe:
Hoofstuk 1
- Agtergrondinligting oor die Luistersiklus en die Groei oor grense-program
- Waardes wat deur hierdie studie gevestig wil word
- Die metodiek van die ses studies
- Ses studies oor die ontmoeting tussen Jesus en die Samaritaanse vrou by die put, wat gelowiges uitdaag om grense na ander oor te steek, nuwe verhoudings te bou en só ware omgee en gemeenskap te beleef
- Agtergrondinligting oor die Seisoen van Luister
- Praktiese hulpmiddels, soos ander boeke, CD’s en DVD’s, wat saam met hierdie studie gebruik kan word
Die bibliografie is redelik omvattend ter wille van dié wat dieper wil delf in al die onderwerpe en insigte wat in die boek aangeraak word.
Die vrou by die put is ’n uitdagende boek wat gelowiges in beweging sal bring om dit te waag om te groei oor alle grense heen wat ons inperk om God se stem te hoor.
Skrywers: Chris van Wyk, Frederick Marais, Nico Simpson
Die vrou by die put (leiersgids) - Chris van Wyk e.a
( Bybel-Media )
Prys: R100.00 (14 % BTW ingesluit) - koop aanlyn
Opsomming van inhoud: Die skrywers van Die vrou by die put gebruik die verhaal wat in Johannes 4 opgeteken is – Jesus en die Samaritaanse vrou – as vertrekpunt om te sê: God het ons gemaak met die behoefte om in gemeenskap met mekaar te wees. God het ons geroep om vir ander te leef, maar dit beteken om waarlik by hulle teenwoordig te wees. En om waarlik by hulle teenwoordig te wees moet ons grense na hulle toe oorsteek. En dit is presies waarmee hierdie boek gelowiges help.
Die vrou by die put is deel van die Groei oor grense-program, wat deel vorm van die Seisoen van Luister, en is spesiaal ontwerp vir groepe. Dit bestaan uit ’n leiersgids en ’n deelnemersgids.
Die vyf hoofstukke van die leiersgids bied aan die leiers van groepe die volgende:
Hoofstuk 1
- Agtergrondinligting oor die Luistersiklus en die Groei oor grense-program
- Riglyne vir die groepleier
- Waardes wat deur hierdie studie gevestig wil word
- Die metodiek van die ses studies
Hoofstuk 2
- Ses studies oor die ontmoeting tussen Jesus en die Samaritaanse vrou by die put, wat gelowiges uitdaag om grense na ander oor te steek, nuwe verhoudings te bou en só ware omgee en gemeenskap te beleef
Hoofstuk 3
- Agtergrondinligting oor die Seisoen van Luister
- Praktiese hulpmiddels, soos ander boeke, CD’s en DVD’s, wat saam met hierdie studie gebruik kan word
Hoofstuk 4
- Praktiese riglyne wat spesifiek vir hierdie Groei oor grense-reis ontwikkel is en veral op luistervaardighede fokus
Hoofstuk 5
- Teologiese nadenke oor ’n paar aspekte van die Seisoen van Luister en die teologiese raamwerk wat daaruit ontwikkel
- Bykomende hulpmiddels vir die groepleier
Die bibliografie is redelik omvattend ter wille van dié wat dieper wil delf in al die onderwerpe en insigte wat in dié boek aangeraak word.