HebreĂ«rs 10 verse 11 tot 25 â Drie en Twintigste Sondag in Koninkrykstyd â 15 November 2009
Volmaaktheid in Christus - om te wees soos God ons bedoel het om te wees - is nie iets wat ons bereik nie, maar is ân GESKENK wat ons ontvang, dis genade! Genade het alles verander! Bonhoeffer het gesĂȘ: âIndeed we are saved by grace through faith in Jesus Christ. But saved to what? We are saved to live Godâs love in this world.â
Johannes 18 verse 33 tot 37 â Vier en Twintigste Sondag in Koninkrykstyd â 22 November 2009
Vandag is die laaste Sondag voor Advent, die 4 weke wat ons help om vir Kersfees voor te berei. Vandag staan bekend as âChristus is die Koning Sondagâ. Jesus sĂȘ in Johannes Hy het net vir een doel hiernatoe gekom: om oor die waarheid getuienis te lewer! Dit het Hy met die rooi âinkâ (bloed) van die kruis dwarsoor die wĂȘreld geskryf vir alles en almal om te sien... Hy is die Koning â en niemand anders nie!
HebreĂ«rs 9 verse 23 tot 28 â Twee en Twintigste Sondag in Koninkrykstyd â 8 November 2009
Christus se kruis was genoeg om vir ons die âgreen wavesâ hemel toe aan te skakel. Moenie dat die sonde jou laat stilstaan nie, daar is vergifnis beskikbaar... beweeg. Deur die teken van die kruis, is die Satan magteloos, is die sonde magteloos, is die dood magteloos. Snap jy dit? Sy genade is altyd groen genoeg... green waves al die pad hemel toe!
HebreĂ«rs 9 verse 11 tot 14 â Een en Twintigste Sondag in Koninkrykstyd â 1 November 2009
Waar is die liefde? Dit bly die vraag wat deurentyd vir ons as kerk gevra word.Waar is die liefde? By God in Christus vertel HebreĂ«rs 9 ons. Sal ons Hom ooit kan vergeet? Liefde wat sal soek tot Hy ons vind, dat ons kan leef? Verhale en liedere en ân familie-oomblik is ook opgeneem in hierdie preek.
Markus 10 verse 46 tot 52 â Twintigste Sondag in Koninkrykstyd â Hervormingsondag â 25 Oktober 2009
Om blind te wees is erg, maar om te kan sien en nie te sien nie, is erger! (Helen Keller) Om Jesus te volg, laat jou sien... die lewe sien... anders sien... Kom lees van die blinde Bartimeus. Om waarlik Jesus en Sy waarheid te âsienâ, beteken meer as waarneem wat Hy gedoen en gesĂȘ het, dit beteken ân identiteitsverandering... ân leefstylverandering. âWat wil jy hĂȘ moet ek vir jou doen?â vra Jesus ook vir ons vandag.
Markus 10 verse 35 tot 45 â Negentiende Sondag in Koninkrykstyd â Sondag 18 Oktober 2009
Ons hou graag daarvan om ons gewig rond te gooi ... om die mag van ons posisie te wys ... en soms ons eie gebrek aan wysheid! Maar Jesus kom plaas die konsep van posisie, prestige sowel as mag in perspektief ... die perspektief van DIENS ... daarin lĂȘ ware mag!
Psalm 22 â Agtiende Sondag in Koninkrykstyd â Seisoen van die Skepping â 11 Oktober 2009
Jesus het self eenmaal die eerste vers van Psalm 22 aan die kruis uitgeroep. Nou weet ons: As jy âdown and outâ is, hys net jou seile en die Gees van God sal jou uit jou stormwater kry. Dis die belofte van Jesus se kruis. Elke â(minus) in jou lewe verander Hy in ân â ( plus)! God sĂȘ: âHier is Ek! Ek is altyd by jou! Ek hoor jou gebed en sal jou altyd help.â
Psalm 8 â Sewentiende Sondag in Koninkrykstyd â Seisoen van die Skepping â 4 Oktober 2009
Volgelinge van Jesus besef dat die lewe, soos die Joodse teoloog Martin Buber gesĂȘ het, twee sakke het. Uit die een sak haal ons ons geringheid â ons is niks anders as stof nie. Maar, uit die tweede sak haal ons ons grootheid â ons is spesiaal; ter wille van ons is die skepping gemaak. Psalm 8 wil sĂȘ: Jy en ek is uniek deur God gemaak, kom ons âcelebrateâ dit, want daar is niemand soos ons nie!
Psalm 124 â Sestiende Sondag in Koninkrykstyd â Seisoen van die Skepping â 27 September 2009
Psalm 124 sĂȘ: Daar is ân God; daar is moeilikheid; dis net God wat jou kan help wanneer jy in die moeilikheid is. Sien dit raak en bly in verwondering en aanbidding voor Hom.
Psalm 1 â Vyftiende Sondag in Koninkrykstyd â 20 September 2009
Hierdie Psalm het goeie nuus en slegte nuus:Â jy is Ăłf 'n boom Ăłf jy is kaf. As jy daarvan aangekla sou word dat jy ân Christen is, sou daar genoeg getuienis teen jou ingebring kon word om jou skuldig te bevind? Wie jy Ăs, weeg swaarder as wat jy sĂȘ. Soos gebruiklik is daar aanhalings, stories en 'n familie-oomblik.
Markus 8 verse 27 tot 38 â Veertiende Sondag in Koninkrykstyd â 13 September 2009
In Markus 8:34-38 is Jesus besig om met mense te praat oor hoe ân mens Hom volg - nie eendag nie, maar in die hier en nou. Die teksgedeelte, verhale en aanhalings en ân familie-moment waar kinders betrek word, wil ons uitdaag om ons lewe so te leef, dat mense Jesus in ons gedrag sal sien.
Markus 7 verse 24 tot 37 â Dertiende Sondag in Koninkrykstyd â 6 September 2009
Kerk-analis Herb Miller stel ân belangrike vraag: âWil jy graag hĂȘ dat die gemeente nog teen 2025 moet bestaan â en bruis met lewe?â What matters is that all your church does, is done for Christâs sake and is âDONE WELLâ.â Hierdie week is die pre-historiese dinosourus Barney op die PowerPoint skyfies. Miskien som die volgende Jesus-woorde die Barney-beginsel die beste op: âJulle moet mekaar liefhĂȘ soos Ek julle liefhetâ.
Markus 7 verse 1 tot 23 â Twaalfde Sondag in Koninkrykstyd â 30 Augustus 2009
Die middelpunt van Disney World is die pragtige Sleeping Beauty kasteel, maar die groot teleurstelling is dat dit net van buite mooi is, binne is dit dolleeg. Die FariseĂ«rs se reĂ«ls het presies dit gedoen: alles vir die uiterlike. Jesus kom leer ons niks ekstern kan ons onrein maak nie, dis wat binne-in ons is, ons denke en die dade wat daaruit vloei, die inhoud van ons âkasteelâ, wat saak maak.
Psalm 34 â Elfde Sondag in Koninkrykstyd â 23 Augustus 2009
Psalm 34 wil ân volledige prentjie gee van wat dit beteken om deur God verlos te word. Kom proe, ruik, sien, raak daaraan en hoor elke keer wat die Nagmaal se brood en wyn vir jou wil sĂȘ:Â Kyk hoe goed is God in Jesus vir jou!
1 Konings 2:10-12 en 3:3-14 â Tiende Sondag in Koninkrykstyd - 16 Augustus
Vandag bring hierdie teks ons in die geselskap van wyse Salomo... Wysheid kom van Bo, van God af. Wat beteken dit? Wel eintlik is dit niks anders as rein nie. Wat beteken dit? Hoe is ân mens rein? Daar is ân Hollandse spreuk wat dit vir ons uitstekend verduidelik: Wie God bo alles lief het, sal God in alles sien!
Johannes 6 verse 35 en 41 tot 51 â Negende Sondag in Koninkrykstyd â 9 Augustus 2009
Jesus sterf - nie om iets ongedaan te maak nie, maar om iets moontlik te maak. God trek ons na Hom toe en die tou wat Hy gebruik om ons te trek, is Jesus, wat Brood is! Daar is niks wat jou reuksintuie so aanspreek soos vars gebakte brood nie! Aan Jesus kleef die vars reuk van Brood wat gebak word in die hemel... daagliks. Dis hierdie reuk waarmee God mense na Hom toe wil trek.
Johannes 6 verse 22 tot 35 â Agste Sondag in Koninkrykstyd â 2 Augustus 2009
Ons lewe in ân wĂȘreld wat behep is met kos wat nie rĂȘrig jou honger kan stil nie. Twee van die beste verkopers in enige boekwinkel, is kookboeke Ă©n dieet boeke! Kookboeke vertel hoe om kos te maak en dieet boeke hoe om dit nie te eet nie! : âEk is die brood wat lewe gee. Wie na my toe kom sal nooit weer honger kry nie.â Die Brood van die lewe, is nie ân idee of ideaal of beginsel nie. Die Brood van die lewe is ân Persoon! Daardie Persoon verander jou lewe en hoe jy na die lewe kyk en hoe jy na ander mense kyk en hoe jy ander behandel. Om aan te sluit by laas week se tema: jy kry ân oorvloed mentaliteit!
Johannes 6 verse 1 tot 21 â Sewende Sondag in Koninkrykstyd â 26 Julie 2009
Vandag se Leesroosterteks vertel ons waarskynlik van die eerste âhappy mealâ wat mense geĂ«et het, want so ân wonder het niemand nog beleef nie - 2 vissies en 5 broodjies! Die dissipels sit met ân skaarste mentaliteit in plaas van ân oorvloed mentaliteit. Fillipus fokus op leĂ« sakke en besluit dis onmoontlik. Jesus se wonderwerke het nog nie by hom kom nes maak nie.
Markus 6 verse 30 tot 34 en 53 tot 56 â Sesde Sondag in Koninkrykstyd â 19 Julie 2009
Wat ons in hierdie teks gedeelte sien, is wat ons kan noem die ritme van Christelike lewe, ân ritme van stilraak in die teenwoordigheid van God en weer uitbeweeg in die teenwoordigheid van mense...van die stil plek na die mark plek. Ons moet ân balans kry in hierdie ritme â na die voorbeeld van Jesus.
EfesiĂ«rs 1 verse 3 tot 14 â Vyfde Sondag in Koninkrykstyd â 12 Julie 2009
Het jy ân sterpersoonlikheid na wie jy lyk? Het iemand al ooit vir jou vertel jy lyk baie soos âŠ?â Wie gee regtig om na watter ster ons lyk? Die vraag is eerder: lyk ons soos Christus in ons optrede elke dag? Wanneer ons dink oor wie God is, wat Hy vir ons gedoen het en wat ons gaan wees, moet die gevolg wees: om met ons leefwyse - heilig en onberispelik - elke dag vir God hande te klap en toe te juig.
2 Samuel 5 verse 1 tot 5 en 9 tot 10 â Vierde Sondag in Koninkrykstyd â 5 Julie 2009
Vandag se teksgedeelte konfronteer ons met die vraag: onder wie se gesag staan ons? Sodra jy die Bewaarder van die Fontein van die lewe uitsny, is daar moeilikheid... As jy hou by die Bewaarder, kan jy die tas neersit, kan jy lig reis, met ân rugsak, langer treĂ« gee, risikoâs in die geloof neem en jou arms gebruik om mense te omhels.
2 Samuel 1 verse 1 en 17 tot 27 â Derde Sondag in Koninkrykstyd â 28 Junie 2009
Iewers word ons almal soos Dawid vroeĂ«r of later deur die dood van ân geliefde geraak. Daar is ân lied wat sĂȘ: âWaar daar deernis is, daar is die Heer.â God is oral waar mense met deernis met mekaar omgaan. Toe Dawid getreur het oor Saul en Jonathan se dood, was dit so ân tyd. Gooi daardie luike oop, maak die vensters oop en gaan na waar God jou wil hĂȘ - iewers in die lewe - sodat ons God-verantwoordelik Ă©n God-oorvloedig kan lewe!
1 Samuel 17 verse 57 tot 18 vers 5 en 10 tot 16 â Tweede Sondag in Koninkrykstyd â 21 Junie 2009
Vir ân kindjie van 4 lyk ân seun van 16 reusagtig en is jy bang vir hom, maar vir ân man van 30 is hy bloot net nog ân jong seun wat geen gevaar inhou nie. Dis wat gebeur as jy in die wĂȘreld van God leef â groot raak klein, swaar raak lig, moeilik word eenvoudig. Dawid was ân man van God, wat lewe in die groot wĂȘreld van God en kon daarom die klein wĂȘreld van bere en leeus en Goliat hanteer. Maar dan moet jy weet: God se skadu is... die SON! Kom ons gaan sit diĂ© Vadersdag op ons GROOT Vader se skoot en kyk hoe lyk ons wĂȘreld van daar af.
1 Samuel 15 vers 34 tot 16 vers 13 â Eerste Sondag in Koninkrykstyd â 14 Junie 2009
Daar is ân ou gesegde: âElke mens is drie verskillende mense: Die een wat hy glo hy is. Die een wat hy graag wil wees. En die een wie hy eintlik is!â Daar is egter ook ân vierde mens - die een soos God jou sien. God kies bewustelik mense wat ek en jy en die res van die wĂȘreld sal miskyk. En hier in I Samuel 16 doen God presies dit.
Jesaja 6 verse 1 tot 8 â Triniteitsondag â 7 Junie 2009
Triniteitsondag: God die Vader, die Seun en die Heilige Gees â Drie in Een. Die gedeelte gee ons ân unieke blik op die grootheid van God, insig in Sy werk op aarde, en hoe Hy mense roep en reinig om Hom te dien. Die teks raak nie die Triniteit direk aan nie...dit help ons met drie bewegings wat ons verhouding met die Drie-eenheid teweegbring. Dis wat Jesaja gedoen het en so word hy die Here se gestuurde.
Romeine 8 verse 22 tot 27 â Pinksterfees â 31 Mei 2009
Pinkstersondag - die neerdaal van die Duif, die Heilige Gees, die Tussenganger. Met elke tree wat ons Christene loop, elke asemteug wat ons inasem, weet ons ons word bewaar deur God, vergesel deur God, regeer deur God. Die Heilige Gees wat in ons woon, herinner ons daaraan, sug saam met ons in afwagting. Alles is reg, al lyk alles verkeerd... Jesus lewe â wat God vir Jesus gedoen het, sal Hy ook vir ons Ă©n die kosmos doen.
1 Johannes 5 verse 9 tot 13 â Sewende Sondag van Paastyd â 24 Mei 2009
Die omvattende tema van 1 Joh 5 verse 9 tot 13 is dat gelowiges mag weet dat hulle die ewige lewe besit en dat dié sekerheid in hulle leefstyl sigbaar moet wees. Dis belangrik om te weet - geloofsekerheid is nie sekerheid van jou geloof nie, maar sekerheid van God. Van Hom kan jy doodseker wees, by Hom is jou lewe voldoende verseker!
Psalm 110 â Hemelvaart â 21 Mei 2009
Wat was Jesus se grootste oorwinning toe Hy op aarde was? Sonder twyfel Sy opstanding uit die dood! Maak nie saak wat die wĂȘreld sĂȘ of dink nie. Hemelvaart sĂȘ Jesus is in beheer. Karel Barth het gesĂȘ Hemelvaart is asof ons ân steil berg geklim en nou bo-op die kruin gekom het, en ân asemrowende uitsig het.
Handeling 10 verse 44 tot 48 â Sesde Sondag van Paastyd â 17 Mei 2009
God het ân bekende lied begin sing, maar met ân nuwe wysie, nuwe ritme en ân nuwe orkes - een wat nie-Jode ingesluit het! Dit was ân skokkende ommekeer van ân situasie: God het die kerk oopgemaak vir almal. Handelinge 10 wil ons konfronteer om ons optrede te verander. Ons is verlief op ân âcrank-startâ (daardie slinger waarmee Model-T aan die gang gekry is) en vergeet dat die hele punt is om die kar aan die gang te kry en aan die gang te hou! Verhale en ân familie-oomblik maak deel uit van hierdie preekstudie sowel as ân lied om aan te leer van FLAM.
Handelinge 8 verse 26 tot 40 â Vyfde Sondag van Paastyd â 10 Mei 2009
Wat is die beste manier om vir baie besige mense iets te sĂȘ? Jy vra vrae en luister lank genoeg! As jy ook nog ân gelowige is wat dit doen, dan evangeliseer jy op die koop toe! Dit is God se werk om die hart gereed te kry. Dit is God se werk om die grond gereed te kry. Dit is God se werk om die Gees te laat waai waar Hy wil! Dit is ons werk om mense te help om te hoor hoe God in hulle lewens praat, deurdat ons na hulle gepraat luister. Kom ons klim op die mense rondom ons se wa en luister â jy sal verstom staan hoe jy hulle help om God te hoor en hulle jou weer help.
Handelinge 4 verse 5 tot 12 â Vierde Sondag van Paastyd â 3 Mei 2009
Die lewe kan vergelyk word met ân kis-kar. Jy kan nie op jou eie die pad ry nie. Jy het iemand anders se hulp nodig. In Hand 4, vertel Lukas vir ons, kom Petrus onder die leiding van die Gees en sĂȘ daar is net een Naam wat tel, die naam Jesus Christus. Die naam maak ân hele wĂȘreld oop. ân WĂȘreld van genade en verlossing. Die enigste weg tot God.
Lukas 24 verse 36b tot 48 â Derde Sondag van Paastyd â 26 April 2009
Hoe weet ons Jesus leef regtig? Met respek gesĂȘ, dis amper soos om te weet of ou âbig footâ leef! Ons sien sy voetspore. Net so, as ons mooi kyk, sien ons Jesus se voetspore en handmerke orals rondom ons. En dis nie net op die blink gevryfde silwer van die nagmaal servies nie. Nee, dis ook in die slote van die plakkerskampe. Jesus was nooit bang om sy hande vuil te maak nie. Ja, Hy het nog verder gegaan en dit selfs verwond. Soek die handafdrukke van verwonde hande orals rondom jou en jy sal weet ... Jesus leef!
Handelinge 4 verse 32 tot 35 â Tweede Sondag van Paastyd â 19 April 2009
Lukas gee hier verskillende strategieĂ« vir die hantering van armoede. God soek deur Sy Gees hande wat Hy kan gebruik. Dis nie net altyd die sterkes en grotes wat kan help nie, selfs in ons âkleinheidâ kan ons tot diens wees. ân Clip, âMy Lady of the Chimney Cornerâ, kan afgelaai word by www.nous.org.za. Stuur ân epos met jou naam na nouspowerpoints@gmail.com indien jy belangstel in ân ander clip wat die wonder van hande uitbeeld.
Jesaja 25 verse 6 tot 9 â Paasfees â 12 April 2009
Jesaja 25 roep ons tot vreugde: âLaat ons bly wees en juig omdat God ons gered het.â Dis die Paasboodskap in ân neutedop. Paastyd is die tyd wat oorloop van vreugde. Hoor hoe God vir jou sĂȘ : âEk is lief vir jou!â Jy kan ân gratis clip aflaai by www.nous.org.za â âRoomysâ â wat jy tydens Paassondag kan gebruik. Dit illustreer God se genade â verniet â baie mooi uit. Daar is ân tweede clip wat jy vandag sou kon gebruik, met die titel âDood vernietigâ. Stuur jou naam per epos na nouspowerpoints@gmail.com om die 3Mb clip gratis te ontvang.
HebreĂ«rs 4 verse 14 tot 16 en 5 verse 7 tot 9 â Goeie Vrydag â 10 April 2009
Hoe sou mens ooit dankie kon sĂȘ vir iemand wat in jou plek sterf, sodat jy volkome vry kan wees? Hierdie Skrifgedeeltes beklemtoon weer: Net Een was perfek, geskik om in ons almal se plek te sterf, volmaakte HoĂ«priester, Jesus Christus. Daarom kan ons vashou aan ons geloof, omdat Jesus alles vir ons ten goede verander het. Daarom noem ons hierdie dag âGoeie Vrydagâ. Verhale en ân familie-oomblik is opgeneem in die preek. ân Video-clip kan gratis gekry word. Stuur ân epos met jou naam na nouspowerpoints@gmail.com. Alle FLAM-liedere kan gratis afgelaai word by www.flam.co.za.
Psalm 31 â Sesde Sondag in Lydenstyd, Palmsondag â 5 April 2009
Geloof is dikwels vir ons sinoniem met vreugde, kommerloosheid, sekerheid en berusting en nie ook die klaaglied van ân verdrukte mens nie. Die Psalm van Dawid maak dit duidelik dat beide emosies kenmerkend van ân lewende geloof is. Bely soos die Psalmdigter:Â âMy tye is in U handeâ, dan sĂȘ jy eintlik al glip tyd vinnig verby, alles (ook ek en jy) is veilig in God se groot en sagte hande.
Jeremia 31 verse 31 tot 34 â Vyfde Sondag in Lydenstyd â 29 Maart 2009
Heelhartig versus halfhartig. ân Stemvurk word deur musikante gebruik om hul instrumente mee in te stem â dit gee ân perfekte middel C. God speel net in C (âin Christusâ). Jeremia wil vir ons sĂȘ God neem die inisiatief, Hy wil ons identiteit in ons hart kom inbrand sodat ons âheelhartigâ kan leef, op Hom ingestem! Dis hoekom Christus aan die kruis gesterf het. Laai ân clip af by www.nous.org.za en ân lied by www.flam.co.za.
Psalm 107 â Vierde Sondag in Lydenstyd â 22 Maart 2009
Psalm 107 bevestig weer: God bly getrou en ons kan Hom met alles vertrou. Jou dankie-sĂȘ vir God smeer af op elke deel van jou lewe. As ons dit elke dag doen, gaan ons dit begin glo en die mense rondom ons ook. 'n Hollandse Spreuk lui: Wie God bo alles liefhet, sal Hom in alles sien. Daar is weer ân familie-moment. Laai ân clip af by www.nous.org.za en ân lied by www.Flam.co.za.
Eksodus 20 verse 1 tot 17 â Derde Sondag in Lydenstyd â 15 Maart 2009
God het vir ons duidelike riglyne in sy Woord gegee om UITSTAANmense te wees. Hierdie UITSTAANde reĂ«ls is die tien gebooie. CS Lewis het oor die tien gebooie gesĂȘ: Ons mag dink dat God eenvoudig gehoorsaamheid aan ân stel reĂ«ls wou gehad het, terwyl God in werklikheid mense van ân sekere kaliber wil hĂȘ. Daar is 2 opsies om kinders in die erediens te betrek. Laai  ân clip af by www.nous.org.za en ân lied by www.flam.co.za.
Romeine 4 verse 13 tot 25 â Tweede Sondag in Lydenstyd â 8 Maart 2009
Wat lĂȘ agter ons hoop en glo? God doen wat Hy beloof het en alles is genade! As jy dit snap, word hoop Ă©n glo deel van jou leefwyse! Dan sal jy ook sĂȘ soos Christian Reger: âEk het die Wie van my lewe leer ken. Hy was genoeg om my toe te onderhou en is genoeg om my nou nog te laat aangaan.â FLAM-bladmusiek kan afgelaai word by www.flam.co.za.