TEKEN HIER IN

Pinkster 2010

Nuusbrief

Skryf hier in
ONTHOU: Geregistreerde gebruikers word outomaties ingeteken op die nuusbrief. Registreer. Jy kan egter kies om nie te registreer nie, en steeds die nuusbrief te ontvang.
Seisoen van Luister Nuusbrief


Receive HTML?



Kerkjaar 2009-10

File Version Licence Size Added Hits

Lukas 15:1-10 - 15de Sondag in Koninkrykstyd – 12 September 2010

Jesus vertel twee gelykenisse om God se soektog na dit wat verlore is te verduidelik.  Hy doen dit omdat die Fariseërs en Skrifgeleerdes beswaard is met Jesus se tafelgenote, mense van ’n lae sedelike lewenspeil. Met die gelykenisse nooi Jesus die Fariseërs en Skrifgeleerdes om ’n prentjie van ’n ander soort wêreld te sien, die wêreld vanuit God se oë.  Dit is ’n wêreld waarin die mees verwerplike mense wegdraai van hulle sonde, na God toe.  ’n Wêreld waarin verlore mense reageer op God se soektog, en God omhels.  ’n Wêreld waarin die kerklikes nie God se soektog teenstaan nie, maar daaraan deelneem.

Lukas 15:1-10.ppt 1.2 MB Sep 05, 2010 23:34 Download 110
Lukas 15:1-10.pptx 1.01 MB Sep 05, 2010 23:36 Download 3
Lukas 15:1-10.doc 101 KB Sep 05, 2010 23:37 Download 73

Lukas 14:25-33 – 14de Sondag in Koninkrykstyd – 5 September 2010

Wat beteken dit prakties om radikaal georiënteer te wees aan Jesus?  Watter kragte gaan daar van Jesus uit wat ons soos ystervylsels in die kragveld van dissipelskap op die regte koers plaas? Malan Nel sê daar is twee kragte: Ons verhouding met Jesus; Ons roeping wat uit die hand van die Here kom. Dissipelskap of navolging is die wese van ons lewe.  Ons word opgeneem in ’n verhouding met Jesus, en ons ontvang ’n lewensroeping van Hom.  Op hierdie pad leer ons lewenslank wat dit beteken om Jesus te volg.

Lukas 14:25-33.ppt 714 KB Aug 30, 2010 04:36 Download 150
Lukas 14:25-33.pptx 802.53 KB Aug 30, 2010 04:38 Download 6
Lukas 14:25-33.doc 107 KB Aug 30, 2010 04:39 Download 133

Lukas 14:1, 7-14 – 13de Sondag in Koninkrykstyd – 29 Augustus 2010

Partytjies en gesellighede, funksies en dinees gee skop aan die lewe.  Maar dit vertel meer van ons as wat ons dink.  Sommige mense word genooi en ander uitgesluit.  Jesus beliggaam in sy sosiale omgang ’n ander ingesteldheid teenoor mense.  Aansit by die tafel word die plek waar dinge verander.  Konneksie oor allerlei grense vind plaas.  Die feesmaal, die maaltyd, of die gesellige samesyn bevestig nie langer tradisionele sosiale groeperinge nie, maar skep nuwe verhoudinge, sluit mense in eerder as uit, en bring nuwe verhoudinge en verbande tot stand. Dit leer ons dat ware barmhartigheid bestaan uit mense wat hulle lewens met mekaar deel. Sowaar, mens proe al die vreugde van die groot partytjie aan die einde van die tye!

Lukas 14:1, 7-14.ppt 541.5 KB Aug 23, 2010 06:52 Download 162
Lukas 14:1, 7-14.pptx 3.76 MB Aug 23, 2010 06:59 Download 11
Lukas 14:1, 7-14.doc 111.5 KB Aug 23, 2010 06:59 Download 137

Jesaja 58:9-14 - 12de Sondag in Koninkrykstyd – 4de Sondag van die Seisoen van Barmhartigheid – 22 Augustus 2010

Iemand het eendag vir die antropoloog Margaret Mead gevra wat die vroegste teken van beskawing in enige kultuur sou wees. Haar antwoord was dat dit ’n dybeen sou wees wat genees het. Die eerste bewys van “compassion” is die eerste teken van beskawing.  So nooi hierdie teks ons uit om krities na ons godsdienspraktyke te kyk en weer kerk te wees op God se voorwaardes, van liefde, deernis en barmhartigheid.

Jesaja 58:9-14.ppt 1.11 MB Aug 02, 2010 09:49 Download 463
Jesaja 58:9-14.doc 117.5 KB Aug 02, 2010 09:50 Download 71

Jesaja 5:1-7 - 11de Sondag in Koninkrykstyd – 3de Sondag in die Seisoen van Barmhartigheid – 15 Augustus 2010

Die boodskap van Jesaja 5 word met ’n moderne “gelykenis”, waarin hoop en teleurstelling mekaar afwissel, nuut vertel.  Ons sondes teen ons medemens is uiteindelik ook sonde teen God.  As ons nie iets doen aan onreg rondom ons nie, en ander laat deel in wat ons ontvang het nie, maak ons God se hand toe.  God verwag daarom reg en geregtigheid, en mededeelsaamheid van ons, in antwoord op sy genade aan ons.

Jesaja 5:1-7.ppt 1.36 MB Aug 02, 2010 09:25 Download 240
Jesaja 5:1-7.doc 121.5 KB Aug 02, 2010 09:27 Download 143

Jesaja 1:1,10-20 - 10de Sondag in Koninkrykstyd – 2de Sondag in die Seisoen van Barmhartigheid – 8 Augustus 2010

Israel lei aan geestelike blindheid terwyl hulle vroom met hulle vormgodsdiens volhou.  Hulle rituele verblind hulle vir die werklike toestand van hulle lewe.  Hulle “blurred vision” moet gekorrigeer word sodat hulle God kan raaksien, sy genade weer kan ervaar, en in sy teenwoordigheid kan lewe.

Jesaja 1:1,10-20.ppt 1.13 MB Aug 02, 2010 05:28 Download 253
Jesaja 1:1,10-20.doc 124 KB Aug 02, 2010 05:29 Download 134

Kolossense 3:1-11 – 9de Sondag in Koninkrykstyd / 1ste Sondag Seisoen van Barmhartigheid – 1 Augustus 2010

Almal van ons het iewers al radio-beheerde karretjies of vliegtuigies in aksie gesien.  En ons weet een slegte bestuurder is altyd beter as twee bestuurders.  Dit is ook waar in die geestelike lewe.  Ons moet leer verstaan dat ons saam met Christus gesterf het en dat ons vorige lewe nie meer die “knoppies” van ons lewenskarretjie moet druk nie.  Net Hy verdien om in die beheersentrum van ons lewe te wees.

Kolossense 3:1-11.ppt 1.08 MB Jul 23, 2010 19:56 Download 187
Kolossense 3:1-11.doc 120.5 KB Jul 23, 2010 19:57 Download 137

Genesis 18:18-32 - 8ste Sondag in Koninkrykstyd - 25 Julie 2010

Dit is wonderlik om God in die grootsheid van die skepping te sien.  Ons leer egter Sy hart ken in die pyn en storms van die lewe.  Hy is die inspirasie vir die inskripsie uit die Talmoed op Oskar Schindler se ring (Schindler's List) wat lui: "He who saves the life of one man, saves the world entire." Indien een mens, maak nie saak wie nie, vir jou belangrik genoeg is om te red, het die wêreld nog ʼn kans.

Genesis 18:18-32.ppt 598.5 KB Jul 19, 2010 07:15 Download 203
Genesis 18:18-32.doc 108.5 KB Jul 19, 2010 07:16 Download 144

Genesis 18:1-10 – 7de Sondag in Koninkrykstyd – 18 Julie 2010

Soos die Namakwaland se daisies wag vir die reën, so verskyn God in die winter van Abraham-hulle se verwagting om die vervulling van sy belofte aan te kondig.  En Isak IS 'n jaar later gebore - die reën het gekom.  So leef ons as kerk vandag nadat die eerste reëns reeds geval het.  In Christus is die belofte van God se teenwoordigheid vervul.

Genesis 18:1-10.ppt 1.22 MB Jul 12, 2010 08:51 Download 221
Genesis 18:1-10.doc 115 KB Jul 12, 2010 08:53 Download 173

Kolossense 1:1-14 – 6de Sondag in Koninkrykstyd – 11 Julie 2010

Terwyl dit waar is dat baie van die hoop waarin ons nou leef steeds toekomsmusiek is, breek die eerste note alreeds deur in ons lewens. Die Skepper van die nuwe harmonieë, begin om nou al die orkes sommige van die musiek te leer. Hy dirigeer ons reeds sodat die klanke ook die res van die samelewing kan bereik.

Kolossense 1:1-14.ppt 1.11 MB Jul 05, 2010 08:02 Download 191
Kolossense 1:1-14.doc 110 KB Jul 05, 2010 08:04 Download 169

Galasiërs 6:7-16 – 5de Sondag in Koninkrykstyd – 4 Julie 2010

Hoe dikwels dra ek en jy ons nie dood aan ons eie laste nie? Loop ons nie soms skeef onder ons kruis, ons verdriet, ons teleurstellings en krisisse nie? En dit maak dat ons soms balans verloor. Hoe kan ons hierdie laste ligter maak of balanseer? Deur die laste van ons vriende of die mense rondom ons te dra. Deur iets vir iemand rondom jou te beteken. As jou kruis jou begin skeef trek, tel jou medemens se kruis ook op en so sal jy perspektief kry en verligting ervaar.

Galasiërs 6:7-16.ppt 577.5 KB Jun 28, 2010 05:22 Download 185
Galasiërs 6:7-16.doc 105 KB Jun 28, 2010 05:23 Download 158

Galasiërs 5:1, 13-25 – 4de Sondag in Koninkrykstyd – 27 Junie 2010

Vir Paulus is die vryheid waartoe Christene geroep is, kosbaar.  Ons is vrygemaak sodat ons God kan verheerlik deur die vrug van die Gees te dra.  Daarom waarsku hy in ons teks dat daar voortdurend twee staatsgrepe is wat ons vryheid bedreig en dit van ons wil wegneem.  Die staatsgreep van wettisisme en moralisme, en die staatsgreep van bandeloosheid.

Galasiërs 5:1, 13-25.ppt 831.5 KB Jun 21, 2010 07:25 Download 178
Galasiërs 5:1, 13-25.doc 118 KB Jun 21, 2010 07:26 Download 143

Galasiërs 3:23-29 – 3de Sondag in Koninkrykstyd – 20 Junie 2010

Een van die grootste gevare vir die kerk is om sekere dinge te glo en selfs te bely in netjies geformuleerde belydenisskrifte, maar dit dan glad nie uit te leef in die praktyk nie! Dit wat ons sê en doen verskil hemelsbreed van mekaar. Paulus trek ’n streep deur alle kulturele, ekonomiese en geslagsgrense wat mense gebruik om verdeeldheid in stand te hou, as hy sê (v 28): “Dit maak nie saak of iemand Jood of Griek, slaaf of vry, man of vrou is nie: in Christus Jesus is julle almal één.”  Nou is die toets of hulle dit nie net glo nie, maar ook gaan leef?

Galasiërs 3:23-29.ppt 616 KB Jun 14, 2010 07:19 Download 160
Galasiërs 3:23-29.doc 109 KB Jun 14, 2010 07:20 Download 138

Galasiërs 2:15-21 - 2de Sondag in Koninkrykstyd – 13 Junie 2010

Geloof in Jesus Christus ken nie grense nie.  Die toegang tot verlossing in Jesus Christus setel nie in jouself nie, maar in die genade van God deur Jesus Christus.  Daarom kan niemand voorspel wie die genade sal hoor en aangryp nie.  ’n Voorwaarde vir insluiting in die geloofsgemeenskap is nooit hoe ordentlik, aanneemlik, aanvaarbaar en verdienstelik jy is nie.

Galasiërs 2:15-21.ppt 908 KB Jun 07, 2010 09:19 Download 172
Galasiërs 2:15-21.doc 134.5 KB Jun 07, 2010 09:27 Download 149

Koninkrykstyd 1 – Omgewingsondag – Psalm 30 – 6 Junie 2010

Vir dekades reeds lewe ons in die geïndustrialiseerde samelewing in relatiewe voorspoed, goeie gesondheid, gemak en sekuriteit.  Ons kan dit sien as die seën van die Here, maar spoedig aanvaar ons hierdie seën as vanselfsprekend.  Ons begin glo dat so ’n rojale lewe onbepaald kan voortduur. Dan lei voorspoedigheid tot oormoedigheid.  Die fokus verskuif van God na ons toe.  Die psalmdigter leer ons om die lewe as ’n gawe uit God se hand te beleef.  Vandag weet ons dat selfs ons omgewing ’n brose geskenk is, so ragfyn en breekbaar soos die lewe self.

Psalm 30.ppt 767 KB May 31, 2010 06:46 Download 226
Psalm 30.doc 102.5 KB May 31, 2010 06:49 Download 172

Triniteitsondag – Johannes 16:12-15 – 30 Mei 2010

Triniteitsondag gaan oor die misterie van God, nie oor die misterie van ’n dogma nie.  Johannes help ons verstaan dat die Heilige Gees vir ons gegee is om ons te lei in die hele waarheid.  Hy is soos ’n kompas wat altyd Noord wys, en ons help om die Woord as God se stem aan ons te hoor.  Hy verbind ons aan God in ’n lewende verhouding sodat ons die groot waarheidsvrae van die lewe kan beantwoord, dié vrae wat die wetenskap en ons sintuiglike waarnemings nie kan beantwoord nie: waar kom ons vandaan en waar gaan ons heen, en hoe leef ons op pad daarheen?

Johannes 16:12-15.ppt 851.5 KB May 24, 2010 06:24 Download 266
Johannes 16:12-15.doc 337 KB May 24, 2010 06:25 Download 202

Pinksterfees – Johannes 14:8-17 – 23 Mei 2010

“Wys vir ons die Vader, en dit is vir ons genoeg,” vra Filippus.  Mens wonder hoeveel mense hierdie versugting deel:  “As ons net vir God kan sien!”  Jesus sien en verstaan Filippus se hart.  Daarom antwoord Hy met bemoediging: Daar kom ’n ander Trooster, wat ons sal leer om Jesus te volg, en herinner aan alles wat Jesus gesê het ... en daarom “sal julle groter dinge as Ek doen,” tot eer van die Vader.

Johannes 14:8-17.ppt 658.5 KB May 01, 2010 20:13 Download 497
Johannes 14:8-17.doc 104 KB May 01, 2010 20:13 Download 290

Sewende Sondag in Pase – Johannes 17:20-26 – 16 Mei 2010

Miskien dink ons te veel oor eenheid in terme van eendersheid.  Soos die ma wat kyk na haar seun wat uit pas is met die jong polisiemanne en vroue wat netjies in gelid by ‘n parade marsjeer.  “Kan jy glo”, sê sy vir die mense rondom haar, “my seun is die enigste een wat in pas is!”  Jesus bid in hierdie Skrifgedeelte vir herstelde verhoudings, vir geneesde mense, vir liefdevolle samesyn, wat dieselfde kwaliteit verhoudinge as dié binne die Drie-eenheid sal hê, sonder dat almal eenders hoef te wees.

Johannes 17:20-26.ppt 1.27 MB May 01, 2010 20:02 Download 349
Johannes 17:20-26.doc 143.5 KB May 01, 2010 20:09 Download 227

Hemelvaart – Handelinge 1:1-11 – 13 Mei 2010

Jesus gaan weg en niemand behalwe die Vader weet wanneer Hy gaan terugkeer nie.  Die tyd tussen sy hemelvaart en sy terugkeer kan na leë tyd voel.  Ons kan dit deurbring deur verlangend en verlamd na die hemel te staar en te wonder wanneer Hy gaan terugkeer.  Of ons kan die wonderlike betekenis van hierdie tyd vergeet en dit met onbenullighede volprop.  Jesus laat hierdie moontlikhede egter nie oop nie: Hy vul die tyd met betekenis deur vir sy volgelinge ’n betekenisvolle taak te gee.

Handelinge 1:1-11.ppt 631.5 KB May 01, 2010 19:53 Download 492
Handelinge 1:1-11.doc 109 KB May 01, 2010 19:54 Download 300

Sesde Sondag in Pase – Johannes 14:23-29 – 9 Mei 2010

Jesus leer ons in hierdie gedeelte dat die Heilige Gees as parakleet, die Een wat langs ons kom loop, aan ons gegee word. Dit is soos die keer dat Fanie se boot in die moeilikheid was en in die windskaduwee van ‘n groter boot die hawe kon bereik.  Soos die groot boot se teenwoordigheid ’n geskenk aan Fanie en sy manne was, so is God se teenwoordigheid ‘n geskenk aan ons.

Johannes 14:23-29.ppt 710.5 KB May 01, 2010 19:45 Download 260
Johannes 14:23-29.doc 108.5 KB May 01, 2010 19:46 Download 190

Vyfde Sondag in Pase – Johannes 13:31-35 – 2 Mei 2010

Shane Claiborne het ‘n paar maande met moeder Teresa in die rioolslote van Kalkutta deurgebring.  Die een ding wat hy nooit van haar sal vergeet nie is haar vervormde voete.  'n Suster het hom vertel dat sy nie wou hê dat iemand met die slegste paar skoene opgesaal sit nie, daarom soek sy self die swakstes uit.  Die jare van slegte skoene dra, het haar voete vervorm.  Dit is, skryf Shane, die soort liefde wat ander bo jouself stel.  Liefde wat in die hart van Jesus gebore word. Dit is Jesus se nuwe gebod: “Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê.  As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is.”

Johannes 13:31-35.ppt 607.5 KB Apr 25, 2010 19:43 Download 237
Johannes 13:31-35.doc 113 KB Apr 25, 2010 19:47 Download 185

Vierde Sondag in Pase - Handelinge 9:36-42 – 25 April 2010

Soos bye lewe vir plant, dier en mens moontlik maak, so het Tabita lewe geskenk aan ’n groep gemarginaliseerde mense. Self ’n vrou, het Tabita nie die beperkinge van haar bestaan as hindernis gesien om te doen wat sy geroep was om te doen nie.  Sy was ’n dissipel wat Jesus se lewegewende barmhartigheid en geregtigheid teenoor die mense rondom haar gepraktiseer het. Tabita het meer as kos en klere gegee.  Sy het lewensruimte gegee.  Meer nog: sy het lewe gegee.  Tabita verteenwoordig ook die Bybelse aandrang op geregtigheid.  Geregtigheid beteken dat mens só lewe dat ander lewensruimte het, dat ander ook, by wyse van spreke, ’n lewe kan hê en ’n bestaan kan maak.

Handelinge 9:36-42.ppt 1.1 MB Apr 18, 2010 23:00 Download 255
Handelinge 9:36-42.doc 113 KB Apr 18, 2010 23:01 Download 186

Derde Sondag in Pase - Handelinge 9:1-6 – 18 April 2010

Sou ons die verhaal moes oorvertel, sou ons waarskynlik Paulus se bekering as ’n verdiende nederlaag beskryf.  Die vervolger kyk op sy neus!  Hy is oorwin!  Jesus hanteer Paulus heeltemal anders.  Die bekeringsverhaal word ’n roepingsverhaal.  In ’n oogwink is Paulus se lewe oorgeplant in die lewe van Jesus van Nasaret.  “Ons noem hierdie gebeurtenis ’n bekering”, skryf NT Wright, “maar dit was meer soos ’n vulkaniese uitbarsting, ’n donderstorm en ’n getygolf wat kragte saamsnoer.  Indien die dood en opstanding van Jesus die skarnier was waarop die groot deur van die geskiedenis oopgeswaai het, was die bekering van Saulus van Tarsus die moment toe al die beloftes van God saamgebundel is, hulself in ’n groot bal opgewen het, en deur daardie oop deur in die wye wêreld uitgebars het”.

Handelinge 9:1-6.ppt 857 KB Apr 10, 2010 20:11 Download 303
Handelinge 9:1-6.doc 119.5 KB Apr 10, 2010 20:12 Download 222

Tweede Sondag in Pase - Handelinge 5:27-32 – 11 April 2010

Lyding om Christus ontwil is ‘n werklikheid.  Meer mense het in die 20ste eeu vir hul geloof in Christus gely en gesterf as in al 19 voorafgaande eeue.  So was dit reg van die begin af.  Petrus en die ander apostels word vervolg weens ‘n weldaad aan ‘n siek man en oor hoe hy genees is en weens hul getuienis oor Jesus van Nasaret.  Net soos Jesus se opstanding die dood oorwin het, deurbreek se apostels se gewilligheid om te ly die mag van vrees, straf en afdreiging.  Hulle bly onverstoord getuig.

Handelinge 5:27-32.ppt 833.5 KB Apr 01, 2010 10:56 Download 410
Handelinge 5:27-32.doc 99.5 KB Apr 01, 2010 10:58 Download 267

Handelinge 10:34-43 – Paasfees – 4 April 2010

Die evangelie respekteer nie mensgemaakte grense of beperkinge nie.  Die koninkryk verras jou met waar dit deurbreek.  Petrus, die onwillige getuie aan huis van die nie-Joodse Kornelius, ontdek: “Waarlik, ek begryp nou eers dat God nie onderskeid maak nie, maar in enige volk mense aanneem wat Hom vereer en doen wat reg is.”

Handelinge 10:34-43.ppt 601.5 KB Mar 26, 2010 12:25 Download 419
Handelinge 10:34-43.doc 112.5 KB Mar 31, 2010 05:54 Download 272

Psalm 22:1-18 – Goeie Vrydag – 2 April 2010

In die donkerste oomblik in die wêreld se geskiedenis, wanneer Jesus gebroke aan die kruis hang, kies Hy die woorde van Psalm 22 om sy ellende voor God te verwoord:  “My God, my God, waarom het U my verlaat?“  Hierdie psalm gee aan Hom woorde om sy diepste gevoel, sy klaaglike toestand, voor God se troon uit te stort ... ‘n Liefde so groot ...

Psalm 22:1-18.ppt 612.5 KB Mar 26, 2010 12:13 Download 326
Psalm 22:1-18.doc 114 KB Mar 26, 2010 12:14 Download 246

Lukas 19:28-40 – 6de Sondag in Lydenstyd: Palmsondag – 28 Maart 2010

Lukas gee ‘n besondere perspektief op die Groot Lydensweek wat in Jerusalem afspeel.  Daarmee help hy ons om te verstaan hoe ons lewe, ons roeping, ons missie as gelowiges en as gemeente inskakel by Jesus se missie.  Ons ontdek: Waar ons inskakel by God se werk deur Jesus Christus op aarde; Hoe om ons lewe van geloof saam met Jesus as ‘n reis te verstaan; en Hoe ons gevorm word om as reisgeselskap saam met Jesus te lewe.

Lukas 19:28-40.ppt 976 KB Mar 21, 2010 06:20 Download 209
Lukas 19:28-40.doc 122 KB Mar 21, 2010 06:21 Download 259

Johannes 12:1-8 – Vyfde Sondag in Lydenstyd – 21 Maart 2010

Ons dink verbeeldingryk na oor Maria wat belê in Jesus se dood met ‘n halfliter egte, baie duur nardusolie.  Deur die lydende Here met reukolie te verheerlik, neem sy Jesus se lyding op haar, neem sy haar kruis op, dra sy haar deel van die lyding van Jesus.  Soos Paulus later sou skryf: “Die sterwe van Jesus dra ons altyd saam in ons liggaam, sodat ook die lewe van Jesus sigbaar kan word in ons liggaam”.

Johannes 12:1-8.ppt 1.36 MB Mar 14, 2010 13:09 Download 159
Johannes 12:1-8.doc 102.5 KB Mar 14, 2010 13:10 Download 116

Psalm 32 - Vierde Sondag in Lydenstyd - 14 Maart 2010

Die Verlore Seun praat oor Psalm 32: “Psalm 32 is my lewensverhaal.  Jy kan sê dis my geestelike DNA.  En nie net myne nie. Wat met my gebeur het, en hoe ek behandel is, het die mense naaste aan my se lewens verander.  Ons is nou sáám Psalm 32.  Dit is óns geestelike DNA ... “

Psalm 32.ppt 987.5 KB Mar 06, 2010 10:09 Download 149
Psalm 32.doc 100.5 KB Mar 06, 2010 10:10 Download 75

Psalm 63:1-8 - Derde Sondag in Lydenstyd - 7 Maart 2010

Baie mense beleef elke dag so ’n  “woestynervaring” soos Dawid en worstel deur hul eie “woestyntrauma” van eensaamheid, verlatenheid, depressie, onvervulde drome, onstabiliteit, vrees en spanning. Die psalmis deel sy persoonlike ervaring met God en vertel hoe hy ’n antwoord op sy dilemma gevind het.

Psalm 63:1-8.ppt 1.36 MB Feb 28, 2010 21:45 Download 111
Psalm 63:1-8.doc 81.5 KB Feb 28, 2010 21:46 Download 128

Filippense 3 verse 17 tot 4 vers 1 – Tweede Sondag in Lydenstyd – 28 Februarie 2010

In die gemeente van Filippi is daar verskillende soorte mense:  Vyande van die kruis en burgers van die hemel. Vandag word gevra:  by watter groep is jy?  Trek jou Christen-wees mense aan of stoot dit hulle af? Kom lees wat Paulus hieroor sê asook verhale van mense se ervarings met Christene. En leer vir die kinders wat beteken Burgerskap.

Filippense 3 verse 17 tot 4 vers 1.ppt 559 KB Feb 22, 2010 09:19 Download 100
Filippense 3 verse 17 tot 4 vers 1.doc 131 KB Feb 22, 2010 09:20 Download 94

Lukas 4 verse 1 tot 13 – Eerste Sondag in Lydenstyd – 21 Februarie 2010

Die tema vir die week is versoekings. Jesus se versoeking in die woestyn bly altyd aktueel omdat ons almal vatbaar is vir hierdie drie versoekings van die duiwel. Leer by Jesus hoe om dit teen te staan.

Lukas 4 verse 1 tot 13.ppt 544.5 KB Feb 14, 2010 23:19 Download 101
Lukas 4 verse 1 tot 13.doc 75 KB Feb 14, 2010 23:20 Download 104

2 Korinthiërs 3 vers 12-4 vers 2 – Sondag van die Verheerliking – 14 Februarie 2010

Die Gees van liefde help ons om sonder sluiers rond te loop!  Ons maak onsself met sluiers toe as jy met vrees leef of as daar haat in jou opbou of as jy net vir jouself leef.  Die Gees van liefde transformeer vrees na vryheid, haat na liefde en self gerigtheid na 'n lewe as getuienis.  Kom beleef die Valentyns dag die ewige onsterflike karakter van die liefde van die Gees.

2 Korinthiërs 3 vers 12-4 vers 2.ppt 655.5 KB Feb 07, 2010 18:47 Download 98
2 Korinthiërs 3 vers 12-4 vers 2.doc 85 KB Feb 07, 2010 18:51 Download 105

Lukas 5 verse 1 tot 11 – Vyfde Sondag na Epifanie – 7 Februarie 2010

Ons loop so baie mis omdat ons die voor die hand liggende nie kan herken nie.  God se Seun is in hulle boot, maar Petrus kyk die voor die hand liggende feit mis. Kom lees van Petrus se ervarings en verhale van mense wat dieselfde gedoen het en kry die voor die hand liggende beginsels van verandering.

Lukas 5 verse 1 tot 11.ppt 736.5 KB Feb 01, 2010 08:17 Download 82
Lukas 5 verse 1 tot 11.doc 85 KB Feb 01, 2010 08:18 Download 99

Lukas 4 verse 21 tot 30 – Vierde Sondag na Epifanie – 31 Januarie 2010

Jesus laat jou geen ander keuse nie - jy is óf vir Hom óf teen Hom! Jy is óf committed aan Hom óf nie! Jy volg Hom of jy kruisig Hom. Hierdie keuse - vir of teen Hom - word getoets in jou reaksie op Jesus se woorde, nog dieper - dit word gesien in ’n leefstyl!

Lukas 4 verse 21 tot 30.ppt 751 KB Jan 24, 2010 16:48 Download 90
Lukas 4 verse 21 tot 30.doc 69.5 KB Jan 24, 2010 16:49 Download 97

Lukas 4 verse 14 tot 21 – Derde Sondag na Epifanie – 24 Januarie 2010

Vandag is die genadejaar! Hoe kan die wêreld  die genadejaar vandag in 2010 ervaar? As die Christelike gemeenskap ’n asemskep-oord word om emosioneel gesond te word/wees, waar borrel baddens borrel met God se liefde, waar jy in die stoom van God se genade kan stoom, waar jy die aromaterapie kry deur die vergifnis van God in te asem - sulke dinge raak jou diepste wese, maak jou emosioneel gesond, laat jou ’n genadejaar beleef.

Lukas 4 verse 14 tot 21.ppt 825 KB Jan 18, 2010 06:46 Download 99
Lukas 4 verse 14 tot 21.doc 70 KB Jan 18, 2010 06:47 Download 97

Johannes 2 verse 1 tot 11 – Tweede Sondag na Epifanie – 17 Januarie 2010

Jesus se eerste wonderwerk vind nie by ’n begrafnis plaas nie, maar by ’n bruilof! Miskien wil die teks vandag ons weer help om ons “sense of wonder” te herontdek!  Waar Jesus is, is blydskap!

Johannes 2 verse 1 tot 11.ppt 1.21 MB Dec 21, 2009 05:37 Download 115
Johannes 2 verse 1 tot 11.doc 417 KB Dec 21, 2009 05:38 Download 108

Lukas 3 verse 15 tot 17 en 21 tot 22 – Eerste Sondag na Epifanie – 10 Januarie 2010

Ons doop is baie meer as ’n simbool van die weg wassing van ons sondes. Dit verteenwoordig ons identifikasie met Jesus Christus, ons inlywing in die liggaam van Christus - in God se familie. Leef daaruit – jy is gedoop, jy is nie op jou eie nie, jy behoort aan God, jy is deel van Sy familie!  Kom lees hoe jy die betekenis  weer by jou familie kan inskerp.

Lukas 3 verse 15 tot 17 en 21 tot 22.ppt 558.5 KB Dec 21, 2009 05:34 Download 109
Lukas 3 verse 15 tot 17 en 21 tot 22.doc 79 KB Dec 21, 2009 05:34 Download 106

Psalm 72 – Epifanie fees diens – 3 Januarie 2010

Die gebed in Psalm 72 skilder vir ons ’n prentjie van ’n wêreld waarin God se weergawe van reg geld. Die Bybelse woord hiervoor is sjaloom. Daar is lewensruimte vir almal. Almal is veilig. Almal het genoeg... Kom lees van mense wat gedoen en geleef het en ’n verskil gemaak het.

Psalm 72.ppt 740 KB Dec 21, 2009 05:24 Download 99
Psalm 72.doc 89 KB Dec 21, 2009 05:32 Download 93

1 Samuel 2 verse 18 tot 20 en 26 – Sondag na Kersfees – 27 Desember 2009

Wie wil nie fiks en aantreklik wees nie? Tydskrifte is vol met voorstelle, gyms bied aanloklike aansluitings aanbiedinge aan. Maar wat van geestelik fiks (die begeerte om reg te leef) en aantreklik (reg te doen en praat)? Al manier hoe ek en jy geestelik fiks en aantreklik kan word, is om te maak soos God voorstel. As mense Rabbi’s destyds gevra het: “Waar is die Here?” was hulle antwoord:  “God is sigbaar in die lewens van gelowiges!” Ons teks vandag help ons na Kersfees om te fokus op geestelike fiksheid sodat mense “the reason for the season” in gelowiges se lewens kan sien.

1 Samuel 2 verse 18 tot 20 en 26.ppt 560.5 KB Dec 21, 2009 05:22 Download 87
1 Samuel 2 verse 18 tot 20 en 26.doc 108.5 KB Dec 21, 2009 05:22 Download 101

Jesaja 9 verse 2 tot 7 – Kersfeesdiens – 25 Desember 2009

Kyk, Kersfees herinner ons weer dat die onmoontlike - die wonders soos asemhaal, babas, ens. - God se werk is.  Die moontlike is ons werk.  Maar natuurlik doen ons selfs die moontlike net met hope hulp van Bo!  Wat ookal jy vandag mag glo, die geboorte van Jesus was so belangrik dat dit die geskiedenis in twee dele verdeel het. Alles wat op planeet aarde gebeur het, val in ’n kategorie – voor Christus of na Christus.

Jesaja 9 verse 2 tot 7.ppt 601 KB Dec 21, 2009 05:18 Download 97
Jesaja 9 verse 2 tot 7.doc 101 KB Dec 21, 2009 05:19 Download 92

Miga 5 Verse 2 tot 5 – Vierde Sondag in Advent – 20 Desember 2009

Kom ons luister na wat Luther lank terug op Kersfees 1534 geskryf het: “Daar is baie wat dink: as ek net in Betlehem was   hoe vinnig sou ek nie die Baba gehelp het nie   ek sou sy doeke gewas het.  Hoe bly sou ek nie wees om saam met die herders na die krip te kon gaan nie. Ja, jy sou.  Jy sê so omdat jy weet hoe wonderlik groot Christus is, maar as jy destyds daar was, sou jy nie beter gevaar het as die mense van Betlehem nie.  Kinderagtig en verspot is sulke denke!  Waarom doen jy dit nie nou nie?  Jy het vir Christus in jou naaste!” Hy kom nog steeds onverwags... Maar uit dit leer ons ook God werk nog steeds deur die onbelangrike, onbenullige.  Miga 5 help ons om nuut te dink…

Miga 5 Verse 2 tot 5.ppt 695.5 KB Dec 14, 2009 05:43 Download 86
Miga 5 Verse 2 tot 5.doc 132 KB Dec 14, 2009 05:45 Download 101

Sefanja 3 verse 14 tot 20 – Derde Sondag in Advent – 13 Desember 2009

God stuur vir ons ’n Kerskaartjie wat uitstaan tussen al die ander Kersboodskappe wat jy kry, want ons kan die kaartjie heeljaar lees - verkieslik eerste ding in die môre en laaste ding in die aand, maar sommer ook enige tyd in die dag ook. Op die voorblad sê God: Wees met alles wat jy is, vrolik en bly. In die binnekant sê God: Ek is vol vreugde oor jou. Hy sien wat ons kan wees!

Sefanja 3 verse 14 tot 20.ppt 810.5 KB Dec 07, 2009 08:52 Download 95
Sefanja 3 verse 14 tot 20.doc 83.5 KB Dec 07, 2009 08:53 Download 109

MALEAGI 3 VERSE 1 TOT 4 – TWEEDE SONDAG IN ADVENT – 6 DESEMBER 2009

Die mense aan wie die boek Maleagi gerig is, het gedink God is afwesig, maar God bevind net die teenoorgestelde.  God is nie afwesig nie, maar die gemeente is afwesig! Ons leer in die gedeelte dat God soos ’n silwersmid is, wat ons wil suiwer om weer aanwesig te wees soos mense wie se oë oop is ... God se oë, ore en hande.

Maleagi 3 verse 1 tot 4.ppt 879 KB Nov 30, 2009 04:55 Download 99
Maleagi 3 verse 1 tot 4.doc 114 KB Nov 30, 2009 05:02 Download 104

JEREMIA 33 VERSE 14 TOT 15 - EERSTE SONDAG IN ADVENT - 29 NOVEMBER 2009

Of dit nou die begin is van lewe, met al sy broosheid, die begin van ’n huwelik met al sy risiko’s, die begin van ’n werk met al sy uitdagings … enige begin is moeilik en taai. Dis ook waar van ’n nuwe kerkjaar. As ons weer die storie van ons Here se lewe opnuut begin belewe, erken ons enige begin is moeilik, maar daar is hoop.  Dit is die hoop wat Jeremia 33:14-16 met ons deel.

Jeremia 33 verse 14 tot 16.ppt 661 KB Nov 22, 2009 21:09 Download 99
Jeremia 33 verse 14 tot 16.doc 115.5 KB Nov 22, 2009 21:10 Download 107


For DOWNLOAD is used JotLoader component © V. Kanich 2007-2009