Die Seisoen van Luister voorsien elke week 'n PowerPoint en Word hulpmiddel vir gebruik saam met die fokusteks van die Leesrooster se Preekriglyne wat Bybel-Media in samewerking met Communitas uitgee.
Die uitgangspunte is die volgende:
Preekstudies en liturgiese voorstelle
Die Preekstudies met liturgiese voorstelle – Advent 2011 tot Koninkrykstyd 2012 – is ’n hulpmiddel vir die voorbereiding van eredienste en die ontwikkeling van preke. Dit volg die seisoene van die kerkjaar, en maak gebruik van die teksrooster Revised Common Lectionary, Jaar B. Die Preekstudies en liturgiese voorstelle kan gebruik word saam met die ander publikasie in die reeks, naamlik die Leesrooster
R220.00 (14% BTW ingesluit) - BESTEL DIT HIER
27 Mei 2012 – Pinksterfees – Romeine 8:22-27
In Familietyd word gewerk met die hoop wat in die plant van appelsaad opgesluit lê. Dit gee ‘n brug na die Romeine teksgedeelte waar by die sug oor die lewe aangesluit word. Dié sug is egter een wat met ‘n ongeduldige hoop werk, ‘n verlange na ‘n nuwe toekoms wat die Gees met Pinkster in die seuns en dogters van God aansteek. Dit maak dat ons uit pas uit is met die wêreld se feesvierings wat meer werk met ontvlugting van die werklikheid as met die verandering daarvan. Ons wil in pas kom met God se werklikheid, God se beloftes, en God se toekoms wat alles nuut wil maak. Daarom vermy ons nie dié sug nie, want ons weet dat daar hoop en energie in is, dat waarmee God besig is, nuwe en ware lewe gaan bring. Dit laat ons soek na waar God rééds aan die werk is, eerder as dat ons ons eie planne maak. Inteendeel, ons toets doelbewus ons eie planne en idees om agter te kom of dit die sug en werk van God se Gees verteenwoordig, en of dit ons help om Jesus te volg en die Gees te gehoorsaam in die hoop van ‘n nuwe toekoms.
20 Mei 2012 – Sewende Sondag van Paastyd – 1 Johannes 5:9-13
In Familietyd word aangesluit by TV advertensies Got Milk? om die vraag te beantwoord: Het jy Jesus? Dit dek die tafel vir die preekriglyn wat verskillende perspektiewe op sekerhede en onsekerhede in die lewe ontleed soos wat dit aan die een kant in die wêreld van versekering, wetenskap, en politiek na vore kom, en aan die ander kant die impak wat dit het in die wêreld van geloof. Hierdie konfrontasie met verskillende oortuigings, waardes en lewenstyle beteken dat die klassieke verwoording van geloofsekerhede onder skoot kom en nuut geformuleer moet word vir ons tyd. Daarom is dit so gerustellend om te ontdek dat hierdie ervaring van sekerhede wat in gedrang kom nie vreemd is aan die Bybel en die geloofsgemeenskap deur die eeue nie. En kan ons Johannes se verwoording van die belofte van gemeenskap met God en die ewige lewe as die bron van sekerheid (“julle kan weetâ€) vir hierdie lewe met vreugde omhels.
Psalm 93 – Hemelvaart–Feesdiens – 17 Mei 2012
Dit bly moeilik om iemand op die regte manier aan ander mense voor te stel. Hulle moet ná die bekendstelling met die persoon wil assosieer, saamwerk, bevriend raak en selfs kan navolg. Die Here Jesus Christus word vandag nie deur ‘n “praise poet†of ‘n CV aan ons bekendgestel nie, maar deur Sy Hemelvaart. Dit is ‘n bevestiging dat Hy nie net Verlosser is nie, maar Here. Soos die OT God se heerskappy oor die hele skepping besing het, onder andere in Psalm 93, so besing die Hemelvaart Jesus Christus se heerskappy aan die regterkant van die Vader. Vanuit dié bewussyn kan ons uit Sy oorwinning en heerskappy hier en nou leef! Ons kan ons met Hom assosieer, met Hom saamwerk as ons Vriend, en Hom navolg. Dit alles, terwyl ons ook ons hoop plaas op die finale oorwinning wat Hy vir ons voorberei met Sy Wederkoms.
Johannes 15:9-17– Pase 6– 13 Mei 2012
Vandag is daar ’n hele paar opsies vir Familietyd. Dit sluit aan by twee temas in die teks: dat ons Jesus navolg omdat óns Hom liefhet, dat ons ander liefhet omdat Hý ons liefhet – baie bruikbaar vir Moedersdag! Daar is ook twee pragtige stories wat jy kan gebruik: “Four Feet, Two Sandalsâ€, oor twee kinders in ’n vlugtelingkamp wat dit regkry om sandale te deel, en “The Proper Use of One’s Shellâ€, waar ’n slak en ’n sonneblom die waarde van vriendskap leer. Die preekriglyn sluit aan by die bevinding van ’n navorsingspan van Stephen Post, ’n bio-etikus, dat mense wat ander help, gesonder is en langer leef. Dit is iets waartoe volgelinge van Jesus ook geroep word, om liefde, blydskap en vriendskap na ’n deurmekaar en seer wêreld te bring. "The Christian vocation is to give love freely and generously without counting the cost or wondering and worrying about who is on the receiving end of our limitless love" (O’Day). Hierdie “blydskap van diens†is iets wat wetenskaplikes vandag in jou breingolwe en die chemie van jou brein kan meet. Dit hou jou gesond en laat jou sommer langer leef!
Johannes 15:1-8 – Pase 5 – 6 Mei 2012
Daar is ’n hele paar opsies vir Familietyd asook drie videos (bonsai, wingerd, rankplante) waaruit jy kan kies om óf by die inblywing óf by die snoeiwerk van die teks se boodskap aan te sluit. Die preekriglyn werk met proses om Bonsai boompies te kweek om só God se werk in ons te illustreer. Jesus is die ware wingerdstok wat die mislukking van Israel om as Godsvolk te leef, regstel en nou die stam vorm waaruit ons kan leef. Hierdie waarheid kry regtig lewe teen die agtergrond van Judas en Petrus. Judas Iskariot word afgesny, omdat hy nie in Jesus bly nie, en daarom nie vrug kan dra nie. Petrus daarenteen word ten spyte van die dwaasheid van sy verloëning reg gesnoei, omdat hy uiteindelik in Jesus bly. Aan die einde van die evangelie word hy daarom weer in sy amp as apostel herstel.
Psalm 23 – Pase 4 – 29 April 2012
Familietyd het 3 opsies, om óf by die herderbeeld, óf by die feesmaaltyd, óf by die kortfilm Boudin aan te sluit. Die preekriglyn interpreteer die Psalm as ’n gebed vir alle seisoene aan die hand van ’n beskrywing van die bergwoestyn omgewing waarin Dawid grootgeword het. Dit is eerstens die belydenis van iemand vir wie die Here tye van rus en vrede gegee het. Dit is tweedens die belydenis van iemand wat ervaar dat God rigting en betekenis in sy lewe gee. Dit is derdens die belydenis van iemand wat ervaar dat daar donker dieptes is en wat moet worstel met die pyn van nie-weet-nie, van onvervulde beloftes, van ondeursigtige raaisels. Soms lei God se paaie wel uit die donkerte na die lig en soms net so verrassend heerlik dat dit voel soos 'n feesmaal in die aangesig van die teëstanders. Dit is die vierde aspek van die digter se belewenis met God. Dit is soos om as 'n eregas aan te sit by die maaltyd wat God die herder-koning voorberei het en waar jy as uitverkore gas kan aansit terwyl ander jaloers moet toekyk. Wat jou terugbring by die besef en belydenis, vyfdens, dat die ware doel en sin en betekenis van die lewe, is om God te geniet en in sy teenwoordigheid vir ewig te bly. Psalm 23 is dus 'n feespsalm en 'n troospsalm. Dit is 'n psalm vir die lewe en die dood. Dis vir al die seisoene van die lewe. En die waarheid wat in die Psalm opgesluit lê, is dat ons hele lewe altyd by God veilig is.
Handelinge 3:12-19 – Pase 3 – 22 April 2012
Vir Familietyd kan by die voorbeeld van die Möbius sirkel aangesluit word of die verhaal van die genesing van die verlamde man dinamies vir die kinders vertel word. Daar word ook opsies gegee om die verhaal op te voer of ander aktiwiteite met grafika uit te voer. Dit gee ‘n goeie inleiding vir die preekriglyn wat werk met die verhaal van Rogers Cadenhead wat die internet domeinnaam www.BenedictXVI.com geregistreer het. Met die verkiesing van Benedict as pous, het hy die domein aan die kerk gegee in ruil vir volledige vergifnis en absolusie (soos vertel deur Mac Lucado). Die evangelie van Jesus Christus, soos geïllustreer in die genesing van die verlamde man, werk egter anders. Dit word gratis in ‘n verhouding met Hom gegee. Die genesing wys onomwonde dat volkome vergifnis moontlik is in die naam van Jesus Christus. Met verwysing na die aartsvaders verklaar Petrus dat dié God weer/steeds aktief werk en verlossing bring. In die moderne, wetenskaplike era het Westerlinge weer nodig om dié God raak te sien.