Kerkjaar 2017-18

Spesiale aanbod

Jou laaste kans om te bestel. Aanbod sluit 6 Oktober 2017.

Woord en fees – Preekstudie Advent 2017 – Koninkrykstyd 2018

Woord en fees

 

Preekstudie Advent 2017 – Koninkrykstyd 2018

AFSLAGPRYS: R280.00

GEWONE PRYS: R310.00 

Woord en fees – Advent 2017 tot Koninkrykstyd 2018 – is ʼn hulpmiddel vir die voorbereiding van eredienste en die ontwikkeling van preke. Dit volg die seisoene van die kerkjaar en maak gebruik van die teksrooster Revised Common Lectionary, Jaar A.

Woord en fees kan gebruik word saam met die ander publikasie in die reeks, naamlik Leesrooster vir lidmate.

BESKIKBAAR OKTOBER 2017

KOOP NOU >>

Leesrooster - Advent 2017 tot Koninkrykstyd 2018

Leesrooster vir lidmate 

 

Advent 2017 tot Koninkrykstyd 2018

AFSLAGPRYS: R80.00

GEWONE PRYS: R110.00

Nuwe ontwerp en aanslag

• Die fokus val nou meer op bruikbaarheid.

• Die bydraes is daarom baie meer kernagtig.

• Elke week se bydraes strek oor slegs 2 bladsye.

Leesrooster vir lidmate  – Advent 2017 tot Koninkrykstyd 2018 – volg die seisoene van die kerkjaar en maak gebruik van die erkende teksrooster Revised Common Lectionary, Jaar A. Dit moedig lesers aan om die feeste, gebruike en gewoontes van die kerkjaar te vier en te ervaar.

Leesrooster vir lidmate kan gebruik word saam met die ander publikasie in die reeks, naamlik Woord en fees.

BESKIKBAAR OKTOBER 2017

KOOP NOU >>

Vir meer inligting en bestellings, kontak asb vir BYBEL-MEDIA HANDEL by 0860 26 33 42 of .">.">. Besoek gerus ook ons webblad by bybelmedia.org.za

File Version Licence Size Added Hits

Matteus 2:1-12 - 7 Januarie 2018 - Epifaniefees (6 Januarie)

Matteus2 1-12cHierdie jaar is daar twee opsies vir dié Sondag. Jy kan fokus op Epifaniefees (eintlik Saterdag 6 Januarie) met Matteus 2:1-12 as teks. Óf jy kan fokus op Jesus se doop met Markus 1:4-11 as teks. Daar is riglyne vir albei. Vir hierdie erediens oor Matteus 2:1-12 is daar agtergrond oor die wyse manne uit die Bybelse Ensiklopedie wat jy kan gebruik vir Familietyd. Daar is ook ‘n inkleurprent sowel as die teks uit Die Nuwe Testament vir Kinders. Die preekriglyn oor Matteus 2:1-12 begin met ‘n skets van Herodes, die magtige koning wat met Romeinse gesag Israel met 'n ysterhand regeer het. Hy was die politieke handlanger van die gehate Romeinse oorheersers van Israel wat hulle vuilwerk vir hulle gedoen het. In die onrustige situasie kom 'n groep sterrekenners uit die Ooste, 'n gebied wat nie onder Romeinse beheer was nie, in Jerusalem aan. Hulle koms vul sowel vir Herodes as die ganse Jerusalem met vrees. Die heersende wêreldorde word immers bedreig deur die gerug van 'n magtige wêreldheerser wat uit die Jode kom en nie net oor die Jode sou heers nie, maar oor die hele wêreld. Die geboorte van Jesus het dus van meet af aan plaaslike politieke implikasies. Die rol van God in die geboorte wys egter baie gou dat die geboorte van Jesus baie wyer implikasies gaan hê. Dit is ‘n boodskap vir die hele wêreld.

Matteus 2:1-12.ppt 899 KB Dec 09, 2017 06:23 Download 28
Matteus 2:1-12.pptx 779.19 KB Dec 09, 2017 06:21 Download 17
Matteus 2:1-12.doc 215.5 KB Dec 09, 2017 06:20 Download 44

Lukas 2:22-40 - 31 Desember 2017 - Sondag na Kersfees

Lukas2 22-40Daar is ‘n skildery wat jy kan gebruik om die kinders te laat bespiegel oor wie die mense in die skildery dalk kan wees. Verduidelik wie die mense is en nooi die kinders om na die karakters in die verhaal te luister. Alhoewel die preekstudie net fokus op Simeon in die verhaal is dit goed om die hele verhaal te lees. Gebruik verskillende lesers om die verhaal tot sy reg te laat kom. Daar is ook ‘n video en inkleurprent om jou te help. Trek die verband tussen Jesus se besnydenis en die doop. Carolyn Brown stel voor dat al die Adventskerse vandag saam met die Christuskers vir Simeon en Anna aangesteek word. Ons het 4 weke gewag vir Kersfees, hulle het hulle hele lewens gewag vir die koms van Jesus. Jy kan ook, saam met van die voorstelle van Woord en Fees, gesels oor “wag” en hoe moeilik wag is. Daar is ‘n video om jou daarmee te help: “Waiting is not easy” deur Mo Willems. Julle kan lekker gesels oor die maniere waarop ons soms vir Jesus wag. Die preekriglyn sluit vy die verhaal van Stan Telchin aan, 'n suksesvolle sakeman en toegewyde Jood, vir wie dit verraad was toe sy dogter, Judy, ‘n Christen geword het. Stan besluit om sy dogter ten alle koste verkeerd te bewys met navorsing. Die uiteinde was dat hulle hele gesin besluit het om Jesus as Verlosser en Here te volg. Dit gee jou ‘n uitstekende inleiding tot die impak van die verhaal van Jesus se geboorte soos Lukas dit vir ons vertel soos gesien in die verhale van Simeon en Anna.

Lukas 2:22-40.ppt 677.5 KB Dec 08, 2017 13:42 Download 26
Lukas 2:22-40.pptx 627.79 KB Dec 08, 2017 13:41 Download 20
Lukas 2:22-40.doc 379.5 KB Dec 08, 2017 13:41 Download 41

Jesaja 52:7-10 - 25 Desember 2017 - Kersfees

Jesaja52 7-10Daar is ‘n gebed vir kinders wat jy kan gebruik. Jy kan ook 'n verjaardagkoek kerk toe bring en vir Jesus 'n verjaarsdagliedjie sing en daarna koek aan die kinders uitdeel. Gesels oor hoe spesiaal verjaarsdae is en bid ‘n paar verjaarsdagwense vir die wêreld waarin Jesus gebore is. Op Kersdag is die uitdaging om die "troonsbestyging" deur die liturgie te vier en te beleef, eerder as deur 'n lang preek. Predikers word genooi om dit kort te hou. Moenie huiwer om slegs enkele gesigspunte uit preekskets te gebruik nie. Daar is perspektiewe oor die twee troonbestygings liedere in Jesaja 40 sowel as oor die "Goeie Nuus" van Kersfees rondom God se koningskap. Kersfees is ook 'n verbeeldingsfees, nie in die sin van iets opmaak nie, maar om iets raak te sien wat reeds is. Dit verg 'n ingesteldheid en 'n keuse. Ons word ook uitgenooi om anders te kyk na mag. Die mag wat ons ken is nie "goeie nuus" nie. Die mag wat die profeet verkondig en wat ons vandag vier is egter mag ten goede. Mag ter wille van geregtigheid en herstel. Ons moet dit gedurig hoor, anders vergeet ons om anders te kies. Dan hoor en sien ons nie die voete van die boodskappers nie. Paulus verwys juis in Romeine 10:15 na hierdie voete, waar hy dit herken in die woord van predikers van die goeie nuus. Ook vandag sing ons lofliedere saam met eensames, dié wat ver is, puinhope en gebrokenes. Jesus Christus is gebore en Hy regeer. Altyd goed. Mag ons lof ook die realiteit van God se heerskappy vir baie ander herskep.

Jesaja 52:7-10.ppt 974.5 KB Dec 08, 2017 13:37 Download 23
Jesaja 52:7-10.pptx 857.44 KB Dec 08, 2017 13:35 Download 22
Jesaja 52:7-10.doc 112.5 KB Dec 08, 2017 12:46 Download 56

Romeine 16:25-27 - 24 Desember 2017 - Vierde Sondag in Advent

Romeine16 25-27Die vierde Sondag van Advent is die Sondag van Maria. Staan in die kindertyd stil by Maria se storie. Gebruik van Carolyn Brown se perspektiewe op haar: dat sy ‘n profeet en ‘n “nobody” was. Óf gebruik die legende oor Eva in Bybel-media se Saamkleurpret vir Kersfees haar trane na die verbanning uit die paradys geel traanvormige lelies gevorm het. Jare later het Maria so ’n geel traanvormige lelie gepluk. Toe sy aan die geel lelie raak, het dit wonderbaarlik wit geword. Dit herinner ons dat die onskuld wat die mensdom in die paradys verloor het deur Jesus herstel is. Die goue meeldrade van die lelie is soos ’n kroon of ’n stralekrans. Die preekriglyn sluit aan by die opgewondenheid rondom die geskenke by die Kersboom. Soms het ‘n mens vooraf geweet wat die geskenke sou wees en dan was Kersdag self 'n soort anti-klimaks. As ons as die kerk eerlik moet wees, is hierdie oorbekendheid en die teleurstelling dikwels min of meer die gevoel oor die openbaring van God se geheimenis. Die Kersevangelie is vir ons dikwels soos 'n bekende Kersgeskenk wat lankal nie meer 'n geheim is nie, waarvoor ons na baie vierings nog min opgewondenheid kan monster. Wat vanweë sy bekendheid ook sy bekoring verloor het. Ons het weer nodig om die Kersboodskap te hoor dat dit ons soos met 'n fietsryer in die glystroom ('slip stream') van 'n groot voertuig meesleur. Dit sal ons regkry as ons weer agter die beweging van God met die wêreld inkom. Want, God is met ons op pad. In Christus het Hy vir ons Iemand gegee wie se asem op pad na die ryk nie sal opraak nie. Ons kan aan Hom vashou, ons kan ons hande uitsteek en aan die "bakwerk" wat voor ons is, vashou. Hy is die voertuig na saligheid, tegelyk die weg en die Een wat ons op hierdie weg meeneem.

Romeine 16:25-27.ppt 917.5 KB Dec 08, 2017 12:43 Download 29
Romeine 16:25-27.pptx 701.56 KB Dec 08, 2017 12:42 Download 26
Romeine 16:25-27.doc 286.5 KB Dec 08, 2017 12:41 Download 75

1 Tessalonisense 5:16-24 - 17 Desember 2017 - Derde Sondag in Advent

1Tessalonisense5 16-24Fokus met Familietyd op vreugde. Gesels met hulle oor hoe mens kan kies vir vreugde, selfs wanneer dit sleg gaan en mens hartseer is. Deel aan die kleiner kinders ’n papier uit met die woord vreugde in borrelletters daarop gedruk. Hulle kan dit tydens die res van die diens versier met vrolike prentjies en iewers by die huis gaan op plak om hulle te herinner om vreugde te kies. Daar is ook ‘n seën wat jy aan die einde van die preek saam met die ouer kinders kan uitspreek. Die preekriglyn sluit aan by die feit dat ons almal 'n taal praat. Ons word so groot. Klein seuntjies en dogtertjies praat hulle pa en ma se taal. Nie almal praat die taal ewe goed nie. Wanneer ons skool toe gaan, leer ons daar is reëls vir die grammatika. Daar is spelreëls. Daar is kommas en punte. Ons leer soms rympies aan om iets makliker te onthou. Sommige Skrifuitleggers glo 1 Tessalonisense 5:16-22 kon dalk so 'n rympie wees. Dit het die geloofsgemeenskap gehelp om die taal van Christelike gedrag te leer. As mens dit eers aangeleer het, word dit deel van ons lewe. Wat is hierdie taal? Kom ons laat die Woord tot ons spreek.

1 Tessalonisense 5:16-24.ppt 3.29 MB Dec 08, 2017 12:37 Download 63
1 Tessalonisense 5:16-24.pptx 1.61 MB Dec 08, 2017 12:35 Download 47
1 Tessalonisense 5:16-24.doc 108.5 KB Dec 08, 2017 12:34 Download 118

2 Petrus 3:8-15a - 10 Desember 2017 - Tweede Sondag in Advent

2Petrus3 8-15aIn Bybel-Media se Woord en Fees is voorstelle vir ‘n familie-oomblik. Jy kan ook aansluit by hierdie week se fokus op vrede, en 2 Petrus se oproep tot ‘n lewe van vrede, deur Peace Week in Miss Fox’s Class deur Eileen Spinelli te lees. Nota: die preekriglyn sluit die hele hoofstuk 3 in. Vandag vier ons die eerste koms van Jesus na die wêreld. Ons kyk ook vooruit na Jesus se wederkoms. In die spanningsveld tussen eerste en tweede koms vind die gemeente die regte oriëntering om volgens die wil van God te lewe. In hierdie hoofstuk fokus Petrus op die wederkoms van die Here Jesus Christus en gelowiges se lewenshouding daaroor. Hy wil die geloofsgemeenskap motiveer tot 'n lewende verwagting daarvan. Hy sluit sy brief af met 'n enkele vers wat die interessante verwysing het na God aan wie die heerlikheid behoort: "nou en ook tot op die dag van die ewigheid." 'n Manier om op nóg 'n wyse uit te spel dat die dag van die Here oneindig lank is.

2 Petrus 3:8-15.ppt 660 KB Nov 21, 2017 07:19 Download 137
2 Petrus 3:8-15.pptx 623.37 KB Nov 21, 2017 07:18 Download 97
2 Petrus 3:8-15.doc 273 KB Nov 21, 2017 07:17 Download 226

1 Korintiërs 1:3-9 - 3 Desember 2017 - Eerste Sondag in Advent

1Korintiers1 3-9Die preekstudie maak die punt dat hoop nie 'n stel reëls is om na te lewe nie, maar 'n gedragskode. Om vanuit ons identiteit in Christus te leef. Die doop beklemtoon juis ons identiteit in Christus. Nooi mense om hulle name op gekleurde stroke lap/linte te skryf en in die liturgiese ruimte, naby die doopvont, op te hang as beeld daarvan dat ons almal God se kinders is. Dit is ook die begin van die Adventseisoen en 'n goeie tyd om met kinders te gesels oor wat Adventstyd is en wat al die simbole beteken wat ons tydens Adventstyd gebruik. Die preekriglyn begin met die opmerking dat die meeste mense weet hoe om 'n brief te teken. Na ‘n paar voorbeelde wat dit onderstreep, gaan dit oor na die Griekse gebruik om briewe aan die begin te teken, soos Paulus hier doen. Paulus het meesterlik geweet hoe om sy briewe aan die begin te teken, net gepas vir die geleentheid. Op die oog af is die gemeente in Korinte die tipe geloofsgemeenskap wat medegelowiges hooploos laat. Die probleem was nie 'n gebrek aan entoesiasme vir volgelingskap van Jesus nie, maar eerder oor entoesiasme wat in 'n tipe spirituele meerderwaardigheid onder sommige oorgekom het. Dit het tot konflik en verdeeldheid gelei. Teen hierdie agtergrond is die openingsverse van die brief verrassend. Daar is geen teken te bespeur van dit wat later aangespreek word nie, altans nie op die oppervlak nie! Hy begin om te skryf oor die feit dat hulle identiteit bestaan uit wat God aan hulle gedoen het, en vir hulle gegee het. Hy wil hulle oproep om hulle lewe vanuit hierdie fondament te voer. God roep hulle daartoe. Hulle moet word wat hulle reeds in Christus is. Soos Advent dit ook vir ons doen, daardie tyd van die jaar dat ons vooruitkyk na Jesus se koms na die aarde. God het vir ons 'n nuwe identiteit en roeping gegee. Dit moet ons help om bestek op te neem oor hoe ons met die uitleef daarvan vaar, waarvan ons ons moet bekeer. Advent wil ons herinner om te word wat God van ons gemaak het.

1 Korintiërs 1:3-9.ppt 1016.5 KB Nov 19, 2017 16:13 Download 115
1 Korintiërs 1:3-9.pptx 914.4 KB Nov 19, 2017 16:12 Download 90
1 Korintiërs 1:3-9.doc 113.5 KB Nov 19, 2017 16:11 Download 224


For DOWNLOAD is used JotLoader component © V. Kanich 2007-2009