Produkte

AddThis Social Bookmark Button

‘n Gemeente besluit om hulle jaarlikse beplanning in te rig aan die hand van die luistersiklus. Die gemeente is reeds ‘n aantal jare besig met die ontwikkeling van ‘n missionêre kultuur. Hierdie jaar word doelbewus besluit om ook na stemme uit die gemeenskap te luister. Die beplanningsnaweek word begin deur ‘n hele aand te luister na leiers uit die gemeenskap (bv maatskaplike werkers, skoolhoofde en polisiebeamptes).

Hierdie luisterproses het gehelp om die res van die beplanning sinvol in te rig. Uiteindelik is daar besluit om vir die volgende paar jaar doelgerig sekere grense in die gemeenskap oor te steek.

Lewer jou kommentaar hier, asb.