Maandag, 02 Februarie 2009 23:01
Die dominee en (sĂȘ maar) oom Piet gesels oor die verhaal van Jona.  Dominee verduidelik vir oom Piet dat die meeste mense die verhaal van Jona as ân âgelykenisâ verstaan, netsoos Jesus se gelykenis van die barmhartige Samaritaan.  Maar oom Piet wil dit nie lekker vat nie. Dominee vra of oom Piet dan regtig glo daar was ân vis wat vir Jona letterlik ingesluk het, en oom Piet sĂȘ: âDominee, as die Bybel sĂȘ diĂ© Jona het die vis ingesluk, sou ek dit ook geglo hetâ. Â
In die meeste gemeentes is daar lidmate wat die Bybel baie letterlik verstaan. Â En hulle is dikwels diegene wat die moeilikste na ander luister. Â Dalk omdat hulle vermoed ander gelowiges wil die inhoud van die Bybel verwerp. Â Bring nou ân groepie lidmate wat die Bybel so fundamentalisties verstaan in ân Bybelstudiegroep saam met ander lidmate, wat ân vryer interpretasie aan Bybelverhale gee, en jy het moeilikheid. Â
Wat was my verbasing toe ek nou die dag by so ân groep manne uitkom wat pas ân nuwe Bybelstudiegroep begin het. Â Ek sien geen onmin of agterdog of subtiele beskuldiging van mekaar nie, net ân groep wat oop en eerlik na mekaar se verhale en verstaan van teksgedeeltes luister. Â Hoe gebeur dit dat ân groep geharde besigheidsmanne, wat gewoonlik die Bybel baie direk verstaan, ruimte maak vir ander standpunte en interpretasies? Â Trouens, hoe gebeur dit dat hierdie groep harde manne ruimte begin maak vir mekaar se stories, hartseer, en diep persoonlike worstelinge? Â
Natuurlik is dit net die werk van die Heilige Gees, maar dalk het ons ook die afgelope 3 jaar geleer om beter na mekaar te luister. Â Skielik sĂȘ die manne nie meer nie, maar luister hulle en skep hulle ân veilige ruimte vir mekaar om net maar hulself te wees. Â Ek wonder of ons nie binne die NG Kerk stadig maar seker tog leer om meer te luister nie, - na God, na mekaar en na ander... Â Â





















