Vars nuus!
sample item 1 sample item 2 sample item 3 sample item 4
Die ware kerk bestaan uit sondaars wat uit genade gered is. Hierdie redding vind plaas deur die koms van die Seun van God na die wêreld. God gryp so in om verlorenes te red uit hulle ellende. God maak sondaars tot sy kinders. Gód versamel die gereddenes as liefdesgemeenskap, sy huisgesin. Hý roep sy huisgesin, sý kerk, om Hom te dien.
God verbind homself kontraktueel aan sy huisgesin. Hy gee sy Woord en sakramente sodat Sy kerk op die vaste grond van Sy trou gebou is. Die kerk is met woord en daad bedienaars van God se Woord en verkondigers van sy Koninkryk.
Die kerk leef in die wêreld, maar is nie van die wêreld nie. Trouens, die kerk is soos vreemdelinge in die wêreld. Die gelowiges leef met ‘n vreemde geloof en ‘n vreemde identiteit en ‘n wêreldvreemde liefde. Tog is die kerk in die wêreld. Soos wat Christus in die wêreld ingedaal het en die Woord vlees geword het, leef die kerk in die wêreld. Die kerk vermy nie die wêreld nie, maar tree die wêreld tegemoet. Binne die daaglikse werklikhede van politiek en wetenskap, sosiale bewegings en ekonomie, media en kommunikasie, morele vraagstukke en lyding leef die kerk vanuit die Woord van God. Die kerk leer God ken soos Hy met ons oppad is. Op die weg van die lewe openbaar Hy hom telkens aan die kerk as die lewende Here. So verdiep en verbreed die kennis van die Here en die insig in Sy wese en Sy wil
Gelowiges vind dan hulle diepste geluk en vrede en krag in die sekerheid van God se liefde en verlossing en in hulle roeping en diens as konings, priesters en profete.
God stuur sy kerk na die wêreld. Hy vermaan sy kerk om in die ontmoeting met die wêreld alleen op Hom te vertrou en aan Hom gehoorsaam te bly. Om egter ‘n gestuurde kerk te wees, impliseer dat ons telkens van God moet hoor wat Sý bestemming vir ons is.
Lees hier meer ...
Nuus van Seisoen van Luister Teologiese begronding Waarom ‘n Seisoen Van Luister? 1. Die Kerk Die ware kerk bestaan uit sondaars wat uit genade gered is. Hierdie redding vind plaas deur die koms van die Seun van God na die wêreld. God gryp so in om verlorenes te red uit hulle ellende. God maak sondaars tot sy kinders. Gód versamel die gereddenes as liefdesgemeenskap, sy huisgesin. Hý roep sy huisgesin, sý kerk, om Hom te dien. God verbind homself kontraktueel aan sy huisgesin. Hy gee sy Woord en sakramente sodat Sy kerk op die vaste grond van Sy trou gebou is. Die kerk is met woord en daad bedienaars van God se Woord en verkondigers van sy Koninkryk. Die kerk leef in die wêreld, maar is nie van die wêreld nie. Trouens, die kerk is soos vreemdelinge in die wêreld. Die gelowiges leef met ‘n vreemde geloof en ‘n vreemde identiteit en ‘n wêreldvreemde liefde. Tog is die kerk in die wêreld. Soos wat Christus in die wêreld ingedaal het en die Woord vlees geword het, leef die kerk in die wêreld. Die kerk vermy nie die wêreld nie, maar tree die wêreld tegemoet. Binne die daaglikse werklikhede van politiek en wetenskap, sosiale bewegings en ekonomie, media en kommunikasie, morele vraagstukke en lyding leef die kerk vanuit die Woord van God. Die kerk leer God ken soos Hy met ons oppad is. Op die weg van die lewe openbaar Hy hom telkens aan die kerk as die lewende Here. So verdiep en verbreed die kennis van die Here en die insig in Sy wese en Sy wil Gelowiges vind dan hulle diepste geluk en vrede en krag in die sekerheid van God se liefde en verlossing en in hulle roeping en diens as konings, priesters en profete. God stuur sy kerk na die wêreld. Hy vermaan sy kerk om in die ontmoeting met die wêreld alleen op Hom te vertrou en aan Hom gehoorsaam te bly. Om egter ‘n gestuurde kerk te wees, impliseer dat ons telkens van God moet hoor wat Sý bestemming vir ons is. Lees hier meer ... http://www.gemeentes.co.za/Pdf/Agtergrond%20Seisoen%20van%20luister.pdf Klik hier om al jou inskrywings te beëindig http://www.seisoenvanluister.co.za/nuus/nuusbrief?unsubscribeall=1&userid=userid9999987 Hierdie is 'n epos wat outomaties gestuur is. Indien jy ons wil kontak, gebruik asseblief die epos adres webmaster@gemeentes.co.za