Sondag, 01 Februarie 2009 02:00 Laas Opdateer op Woensdag, 04 Februarie 2009 01:04
Die vier programme op die DVD’s is gebruiksmateriaal vir DIE SEISOEN VAN LUISTER en is ideaal om binne gemeentekonteks gebruik te word. Temas word vanaf die DVD-indeks gekies om die vind van ʼn tema te vergemaklik. Geskik vir kerkrade, gemeente- en kleingroepbyeenkomste.
Malan Nel hanteer die aanbieding voor ʼn ateljee-gehoor aan die hand van drie kernvrae:
- Glo ek dat die gemeente waar ek is ʼn verskil kan maak?
- In watter mate neem die gemeente en ek as lidmaat deel aan die koms van die koninkryk in my omgewing?
- Wat sou julle gemeenskap mis indien ons gemeente ophou bestaan?
Die vier hooftemas is: Die Here se gemeente is:
- geskep en geskenk
- ʼn gawe van God
- ʼn vertoonvenster van nuwe mense
- ʼn nuwe manier van verstaan.
Prys per eenheid (dvd): R169.95 (14 % BTW ingesluit)
Tydsduur: 120 minuteVervaardiger: Mema-Media
Regisseur: Peet Neethling
Navrae en direkte bestellings: Â Â Â Deelnommer: 0860 26 33 42Â





















