AddThis Social Bookmark Button

Gevorm deur die Gees met geestelike gewoontes

Barnabas“Barnabas was ’n goeie man, vol van die Heilige Gees en met ’n vaste geloof†– Hand 11:24

Pinkster is die tyd wat ons fokus op die werk van die Heilige Gees.  Ons leer Sy werk veral ken uit die verhale wat Lukas in Handelinge vertel.  Die verhale skep die verwagting by ons dat Hy vandag nog dieselfde doen.

Ons fokus daarom in Pinkster 2011 op wat die Heilige Gees deur die lewe van Barnabas gedoen het.  Aan die een kant daag die Heilige Gees ons uit om Barnabas se navolgers te word – as bemoedigers, borge, brugbouers, bemagtigers, bedienaars en begeleiers.  Hy wys immers vir ons hoe ’n lewenstyl gevorm word deur die geestelike gewoontes wat ’n mens in jou lewe bemeester.

Aan die ander kant bemoedig die Heilige Gees ons dat Hy altyd tweede kanse gee – soos Hy dit gedemonstreer het in die wyse waarop Barnabas Saulus en Johannes Markus bemoedig en begelei het.  Die Heilige Gees gee dus op ’n besondere wyse hierdie Pinkster weer hoop vir leiers en lidmate deur die voorbeeld van hierdie goeie man, Barnabas, wat vol was van die Heilige Gees en met ’n vaste geloof geleef het.

Die eksegetiese opmerkings en opsomming van die geestelike gewoontes is onmiddelik aflaaibaar.  Die bemarkingspamflet sal 13 April beskikbaar wees in Pdf en Word formaat, en die volledige preekriglyne en liturgieë in Powerpoint (2003 en 2007) en Word formaat sal 16 Mei beskikbaar wees.
Hier is 'n beskrywing van die hulpmiddels, geestelike gewoontes, die model van verandering waarmee ons werk, die verhaal van Barnabas,  'n oorsig oor Handelinge ensomeer wat jou in jou voorbereiding sal help.  GENIET en LEWER KOMMENTAAR hieronder oor die insigte wat jy in jou eie leeswerk opdoen en met ons ander wil deel!.
Chris van Wyk

Kommentaar  

 
# Preekvoorstel:2 2Mei 2011L M Coreejes 2011-05-21 23:12
Aan opstellers van hierdie preekvoorstel:I s daar werklik volgens julle, so 'n duidelike analoog tussen Barnabas se steniging en die steniging van persone wat Belhar problematies vind. Julle analoog is vergesog, kortsigtig en geforseerd. Gaan doen weer julle eksegese,en wees meer sensitief. Die waarheid bly die waarheid, en dis nie julle waarheid nie.
Reageer | Reageer met aanhaling | Aanhaling
 
 
# StefanusWebmeester 2011-05-22 06:05
Jy bedoel seker die preek oor Handelinge 7 van Stefanus se steniging? Barnabas is mos nie gestenig nie, en daar word nie oor Belhar in Pinksterreeks geskryf nie. Ek sal jou kommentaar aanstuur na die opstellers van die Handelinge 7 preekriglyn.
Reageer | Reageer met aanhaling | Aanhaling
 
 
# Saulus en Paulus in Handelinge 13:9Theo Badenhorst 2011-06-06 22:28
In die 2011 Pinksterreeks aan die hand van Barnabas kom Handelinge 13:9 weer ter sprake, waar ons verneem dat Saulus van Tarsus ook die apostel Paulus is.
Ek het die betekenis van hierdie woorde (Saulus, dit is Paulus) op baie plekke probeer nagaan. Wat gewoonlik na vore kom is dat Saulus hier sterk na vore begin tree en dat hy voortaan (teenoor Barnabas) meer op die voorgrond sou wees. Hy sou as die apostel aan die heidene bekend word en daarom in die heidenwêreld meer bekend wees onder sy Romeinse naam, naamlik Paulus.
Hierdie soort verklaring maak sin, maar ek meen dat die eintlike betekenis ietwat elders lê. Ek vermoed dat hierdie betekenis by die adressant, nl Theophilus lê (ek verkies hierdie spelling). Wat die skrywer Lukas m i hier wil sê, is min of meer: ‘As u dit nou nog nie agtergekom het nie, hooggeagte Theophilus, hierdie Saulus is Paulus, wat u ook ken! Paulus is daardie man wat vroeër die kerk vervolg het. Kyk hoe werk God.’
Ek sou graag ons Nuwe-Testamentici hieroor wou toets.
Reageer | Reageer met aanhaling | Aanhaling
 

Lewer jou kommentaar hier, asb.