AddThis Social Bookmark Button

Jy kry met hierdie Pinksterreeks 4 hulpmiddels:

  1. Raamwerk en eksegese vir Pinkster – Dit bevat die raamwerk van die Pinksterreeks sowel as die eksegetiese materiaal  en ander relevante inligting wat vir jou voorbereiding noodsaaklik  is – dit is onmiddellik beskikbaar hier by seisoenvanluister.co.za. Registreer en laai af.
  2. 'n Bemarkings pamflet met die temas en ’n opsomming van die werkswyse.  Pas dit aan na gelang van jou individuele behoeftes en omstandighede – dit verskyn 13 April hier by seisoenvanluister.co.za.  Registreer en laai af.
  3. Riglyne vir 10 eredienste in Word en PowerPoint formaat – Dit bevat liturgieë en liedere vir 10 eredienste, riglyne vir die prediking vir 10 Bybelgedeeltes oor Barnabas, en ’n hele paar opsies vir die beoefening van 10 verskillende geestelike gewoontes.  Daar is heelwat materiaal en moet dus aangepas word vir plaaslike behoeftes. Gee net genoeg inligting sodat mense die regte houding rondom iets soos vrygewigheid (byvoorbeeld) kan inneem, ’n vaardigheid daarvoor kan begin beoefen – sommer in die erediens as dit kan – om uiteindelik met herhaalde inoefening vrygewigheid ’n lewenspraktyk te kan maak – dit verskyn 16 Mei hier by seisoenvanluister.co.za.  Registreer en laai af.
  4. ’n Joernaal vir lidmate waarin die geestelike gewoontes uitgespel is en daar plek vir notas is, wat ook na die tyd gebruik kan word.  Druk dit voor die tyd uit en laat doelbewus mense dit in die erediens gebruik.  Al die notas daarin is ook in die Riglyne vervat – dit verskyn 16 Mei hier by seisoenvanluister.co.za.  Registreer en laai af.

Uiteraard kan jy ook die reeks verkort om in te pas by die behoeftes in jou plaaslike gemeente.  Ons sal dan net voorstel dat jy sterk oorweeg om die verhaal van Barnabas se begeleiding van Johannes Markus in Handelinge 15:36-41 (preekriglyn 10) in te sluit om by die geestelike gewoonte van ’n lewenspraktyk uit te kom.

Gebruik die Bybelstudieboek, Barnabas

Jy kan ook na Pinkster 2011 voortgaan om Bybelstudiegroepe kans te gee om oor 10 weke hulle in hierdie 10 gewoontes dieper in te grawe.  Bestel dit by Bybel-Media by hulle webbladsy www.bmedia.co.za of per epos by of per telefoon by 0860 26 33 42.

Lewer jou kommentaar hier, asb.