Woensdag, 30 Maart 2011 16:13
Ons kies 10 grepe uit Barnabas se verhaal vir hierdie reeks, aan die hand waarvan ons 10 geestelike gewoontes hanteer:
- Hand 4:32-37 – Barnabas die Bemoediger - Die Heilige Gees versprei die evangelie deur vrygewigheid (vrygewigheid)
- Hand 9:26-31 – Barnabas die Borg - Die Heilige Gees skep veilige ruimtes deur gasvryheid (gasvryheid)
- Hand 11:19-24 – Barnabas die Brugbouer - Die Heilige Gees skuif grense deur die getuienis van gewone mense (bemoediging)
- Hand 11:25-30 – Barnabas die Bemagtiger - Die Heilige Gees sorg vir ander deur ons omgee (omgee)
- Hand 13:1-12 – Barnabas die Bedienaar - ‘n Gestuurde gemeente leef deur gebed en getuienis (daaglikse ondersoek)
- Hand 13:13-52 – Barnabas die Beledigde - Die Heilige Gees gee die ewige lewe deur ons getuienis (getuienis)
- Hand 14:1-20 – Barnabas die Bewonderde - ’n Nederige lewenstyl kies die pad van dienslewering en nie magsvertoon nie (nederigheid)
- Hand 14:21-28 – Barnabas die Beskermer - Die Heilige Gees skep ’n gemeenskap waarbinne geloof tot sy reg kom (gemeenskap)
- Hand 15:1-35 – Barnabas die Besluitnemer - Die Heilige Gees leer ons onderskei deur getuienisse en die Bybel (geloofsonderskeiding)
- Hand 15:36-41 – Barnabas die Begeleier - Die Heilige Gees seën mense deur ons lewenspraktyke (lewenspraktyk)




