AddThis Social Bookmark Button

Hierdie Pinksterreeks sluit aan by die model vir volwasse leer wat Communitas by Stellenbosch ontwikkel het.

  • Dit werk met die idee dat ‘n mens sekere kapasiteite nodig het om regtig te kan verander: kennis, houdings, vaardighede en gewoontes.
  • Verandering is eers ’n lewenspraktyk wanneer ’n mens nie net ‘n vaardigheid met ’n tegniek ingeoefen het nie, maar dit so bemeester het, en deel van jou lewenstyl gemaak het, dat jy ander mense ook daarmee kan help, d.w.s. aan hulle as ‘n gewoonte kan oordra.

In ‘n matriksvorm kan ‘n mens die vier kapasiteite en hulle rol in verandering só voorstel:

Kennis (minimum)

Hier help konsepte jou om ‘n prentjie van die verandering wat nodig is, te vorm, soos bv:

  • Die Heilige Gees versprei die evangelie deur vrygewigheid.
  • Gemeentes groei wat risiko’s neem vir die evangelie.
Houdings

Hier berei die aanleer van houdings jou voor vir verandering, soos bv:

  • Vertroue in die Here Jesus
  • Openheid om ander in te sluit
  • Deernis met medemense
  • Leerbaarheid (nie-weet nie)
Vaardighede (geestelike gewoontes)

Dit bestaan in die aanleer en inoefening van tegnieke, soos bv:

  • Luistersiklus
  • Stop-look-listen
  • ‘n Ekstra bord aan die tafel
  • Flexi-tyd ruimtes in jou dagprogram
Gewoontes (raak ‘n lewenspraktyk)

Die inoefening van vaardighede  help jou om  geestelike gewoontes  te bemeester en deel van jou lewenspraktyk te maak, soos bv:

  • Vrygewigheid
  • Gasvryheid
  • Bemoediging
  • Gebed

 

Vestig ‘n lewenspraktyk

Hierdie Pinksterreeks gaan dus nie net om die deurwerk van ’n paar Bybelgedeeltes en die beoefening van ’n aantal geestelike gewoontes nie.  Dit moet ’n proses aan die gang sit waar mense in die beoefening van geestelike gewoontes hulle lewenspraktyk as Christene kan vestig en bemeester.

Gee tyd vir gesprek en gebed

Onthou om genoeg tyd te gee dat daar gesprek en gebed in die erediens kan plaasvind.  Jy kan werk met ’n paar oop vrae om dit aan te help:

  • Wat het vandag met jou gebeur?
  • Wat leer jy nou?
  • Wat ontdek jy van God?
  • Wat is bevestig in jou lewe?
  • Hoe gaan ons God nou antwoord?
  • Wat is jou plan vir môre?
  • Wat is nodig dat jy die gewoonte kan bemeester?

Gebruik die Bybelstudieboek, Barnabas

Jy kan ook die boek Barnabas (Chris van Wyk, Frederick Marais, NIco Simpson) wat 16 Mei by Bybel-Media verskyn, gebruik om jou Bybelstudiegroepe 'n verdere geleentheid te gee om oor 10 weke hulle in hierdie 10 gewoontes dieper in te grawe.  Bestel dit by Bybel-Media by hulle webbladsy www.bmedia.co.za of per epos by of per telefoon by 0860 26 33 42.

Lewer jou kommentaar hier, asb.