AddThis Social Bookmark Button

Ons wil hierdie Pinkster op 10 sulke geestelike gewoontes fokus. Hierdie geestelike gewoontes word nie gekies primêr omdat dit in een of ander skema pas nie – soos die skemas van Calhoun, Nouwen, Foster en ander nie.  Ons kies hierdie 10 geestelike gewoonte omdat dit vir ons gevoel die beste pas by die inhoud van die Bybelse verhale van Barnabas, soos ons dit gelees het.  Dit is eers finaal gekies nadat die eksegese volledig gedoen is.  Uiteraard sou ander skrywers ander gewoontes kon identifiseer – maar ons keuse sal duidelik in die riglyne verduidelik word.

Die 10 geestelike gewoontes wat ons dus gekies het vir hierdie Pinksterreeks (met die geestelike gewoontes waarop dit gebaseer is in Engels) is:

  • Vrygewigheid (stewardship)
  • Gasvryheid (hospitality)
  • Bemoediging (compassion)
  • Omgee (service, mercy)
  • Daaglikse ondersoek (daily examen)
  • Getuienis (witness)
  • Nederigheid (humility)
  • Gemeenskap (community)
  • Geloofsonderskeiding (discernment)
  • Lewenspraktyk (rule for life)

Lewer jou kommentaar hier, asb.