Saterdag, 11 September 2010 13:09 Laas Opdateer op Maandag, 04 Oktober 2010 11:21
Sedertdien het kerke in Australië, Nieu-Seeland, die Filippyne en die VSA gekom met inisiatiewe om liturgiese materiaal te ontwikkel vir só ’n Seisoen van die Skepping (sien www.seasonofcreation.com). Die European Christian Environment Network nooi insgelyks alle kerke in Europa uit om ’n “Time for Creation” in die tydperk van 1 September tot die tweede Sondag in Oktober te vier. Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke het in Februarie 2007 ingestem dat ’n Seisoen van die Skepping by die kalender toegevoeg word en die Network of Earthkeeping Christian Communities in South Africa het ook reeds hierdie voorstel ondersteun. So ’n Seisoen van die Skepping, saam met die viering van Omgewingsondag (6 Junie 2010) en verskeie ander kerklike feesdae, kan kerke in Suid-Afrika inderdaad help om hierop te fokus.
Die 19de September begin ’n Seisoen van die Skepping. Hier word dus eers ’n paar gedagtes daaroor geplaas, waarna die teks vir vandag aan die orde sal kom.
Daar is wêreldwyd ’n toenemende besorgdheid by Christene oor die ekologiese krisis en oor die manier waarop mense misbruik maak van God se skepping. Dit het onder andere daartoe gelei dat daar in die viering van die kerklike jaar ook plek ingeruim word vir geleenthede om in die erediens en prediking te fokus op die skepping en die mens se Godgegewe roeping om na die skepping om te sien.
Ons voorstel is dat die Seisoen van die Skepping in 2010 oor vier Sondae gevier word, naamlik op 19 en 26 September en 3 en 10 Oktober. Dit bly egter ’n seisoen binne die oorkoepelende seisoen van Koninkrykstyd. Die fokustekste in die Leesrooster vir hierdie vier Sondae is tekste uit die twee Timoteusbriewe.
Ons fokus agtereenvolgens op:
- Oseane - 1 Timoteus 2:1-7 - 19 September - "Gebed vir alles en almal"
- Diere - 1 Timoteus 6:6-19 - 26 September - "Tevredenheid in God en God se wĂŞreld"
- Storms - 2 Timoteus 1:1-14 - 3 Oktober - "Staande in die storms"
- Kosmos - 2 Timoteus 2:8-15 - 10 Oktober - "Getrouheid aan die evangelie verg self-prysgawe"
Hulpmiddels op die Internet:
- Foto’s by www.flickr.com. Onder “Advanced Search”, klik op “Only search within Creative Commons-licensed content” om foto’s te kry sonder om kopiereg-wette te oortree.
- Video’s by www.muddyrivermedia.org, bv.:
- http://www.muddyrivermedia.org/media/muddy-river-media/2009/ocean-waves
- http://www.muddyrivermedia.org/media/muddy-river-media/2009/ocean-waves-slo-mo
Video's by Youtube
- http://www.youtube.com/watch?v=52RE2WXN4xA
- http://www.youtube.com/watch?v=0flkNRkXuJo&feature=watch_response
- http://www.youtube.com/watch?v=QYLWmXT28wY&feature=related
- http://www.youtube.com/watch?v=nSfTn_NFwhI
- http://www.vimeo.com/gdn - Videos by GDN se Vimeo site:
Liturgiese voorstelle
- www.seasonofcreation.com
Nog voorstelle:
- Jy kan snitte wys uit die “Planet Earth”- DVD reeks
- Vier Assisidag (4 Oktober) wat sy oorsprong vind in die skeppingsfokus van die lewe en werk van Fransiskus van Assisi. Dit val binne die seisoen van skepping en kan goedskiks op die voorafgaande of daaropvolgende Sondag deel uitmaak van die viering tydens die erediens.




