Produkte

LUISTER LIEDJIE

Christa Steyn en Barry van Rensburg het in opdrag van die Taakspan vir die Seisoen van Luister die woorde en musiek geskrywe vir 'n Luister Liedjie wat gemeentes kan gebruik. Daar is ook 'n DVD gestuur aan elke gemeente met die klank- en videobaan op. Die bladmusiek kan hier afgelaai word.

Hier is nou ook 'n mp3 wat net die klankbaan bevat (3 MB).  Jy kan dit hier aflaai (klik regs en kies save as) of luister.

Luisterlied

Hier is ook weer die teks vir dié wat dit in 'n PowerPoint wil gebruik.  Aan die einde van dié bydrae is daar ook 'n PowerPoint wat jy kan aflaai wat reeds geformateer is.

1. Ek wil U hoor
ek wil in stilte by U rus
Ek wil my stem voor U verloor
Maak my 'n kind wat steeds bly leer
Gee my 'n oor vir U hartklop aan my deur

Refrein
U praat, U praat
U werk in woord en daad
U bou U koninkryk
en ons leef luisterryk
Halle, Halle, Halleluja
Halle, Halle, Halleluja

2. Ek wil jou hoor
as jy jou storie woorde maak
Jy reisgenoot op God se spoor
Ek wil jou liefhê en vertrou
Ek gee my oor vir die woord van God in jou

Refrein
God praat, God praat
God werk in woord en daad
Hy bou Sy koninkryk
en ons leef luisterryk
Halle, Halle, Halleluja
Halle, Halle, Halleluja

3.Ek wil hul hoor
wat op my buitekring bly staan
Waar vreemde stemme hul bekoor
Gee my O Here openheid
Gee my 'n oor vir die soekstem van ons tyd

Refrein
God praat, God praat
God werk in woord en daad
God bou Sy koninkryk
en ons leef luisterryk
Halle, Halle, Halleluja
Halle, Halle, Halleluja

Kopiereg © 2006 In MS (SAMRO), SA.
Alle Regte Voorbehou.

  • Ek hoor in strofe 1 veral die Psalmgebede weerklink (Vgl Ps 62, 37, 42, 131). Dit verwoord die verlange na God vanuit die waarde van leerbaarheid.
  • Die refrein sluit aan by die Missio Dei, die oortuiging dat dit Gód is wat hierdie wêreld met Homself in Christus versoen om die koninkryk te laat kom (2 Kor 5:11vv).
  • Strofe 2 fokus op die geloofsgemeenskap in Christus waar ons mekaar liefhet en opbou (Rom 15; 1 Kor 14; Ef 4). Dit verwoord die verbintenis aan mekaar vanuit die waarde van deernis.
  • Strofe 3 herinner ons aan ons eie gestuurdheid na dié wêreld met sy vrae en soeke na God (vlg Jakobus in Hand 15:13vv en Paulus in Hand 17:21vv). Dit verwoord die gerigtheid op die mense van dié wêreld vanuit die waarde van openheid en doelgerigte diensbaarheid.

Chris van Wyk

Attachments:
FileBeskrywingFile sizeLaas gewysig
Download this file (Luister Liedjie (Melodie Lyn).pdf)Luister Liedjie (Melodie Lyn).pdf 36 Kb02/21/13 16:55
Download this file (Luisterliedjie.ppt)Luisterliedjie.ppt 155 Kb02/21/13 16:51