Lukas 23:33-43 â Sondag van Christus die Koning â 21 November 2010
Die kruisigingsverhaal is vol mense wat na Jesus kyk sonder om Hom werklik te sien vir wie Hy is. Die Jode sien ân uitklophou. Pilatus sien weerwraak en ironie. Die soldate sien buit en bespotting. Die eerste misdadiger spot saam. Die tweede misdadiger sien egter ân Verlosser. Dit leer ons: Kyk is nog nie sien nie. Dit gebeur net wanneer mens Jesus ernstig neem.
Lukas 21:5-19 â 24ste Sondag in Koninkrykstyd â 14 November 2010
In ons teksgedeelte verstom mense hulle by aanskoue van die skoonheid van die tempel. Jesus sit die skoonheid en die werklikheid van die tempel egter op losse skroewe. Alles sal afgebreek word. Die pragtig-versierde tempel is nie die egte oriëntasiepunt, die ware hoeksteen waarop die dissipels hul lewens kan bou nie. Jesus leer hulle Hy is dit. Jesus is die egte oriëntasiepunt, die hoeksteen, ook vir vandag.
Lukas 20:27-38 â 23ste Sondag in Koninkrykstyd â 7 November 2010
Soms kyk mens na die wĂȘreld en dit voel vir jou jy sien net een groot vullishoop. Die skeptiese gees van Westerse realisme sluit daarby ons uitkykvensters op God en maak ons wanhopig. Jesus teken egter in ons teks ân Bybelse realisme. Hy laat ons rekening hou met God. Hy is nie ân God van die dooies nie, maar van lewendes. God, die lewegewende Kunstenaar, skep nuwe lewe uit wat vir die ashoop bestem is. Jesus se opstanding gooi ân hoopvolle venster oop op die toekoms by God.
Lukas 19:1-10 - 22ste Sondag in Koninkrykstyd â Hervormingsondag â 31 Oktober 2010
Vandag het daar redding vir hierdie huis gekom! Hoe heerlik weerklink diĂ© boodskap nog steeds deur die eeue. Jesus raak Saggeus se lewe sĂł omvattend aan dat die gemeenskap nie net van ân tollenaar-parasiet verlos word nie, maar dat die oortreder regmaak wat hy verbrou het en weer tot sy reg kom in die gemeenskap. Redding het dus ekonomiese en sosiale gevolge, dinge waaroor ons op Hervormingsondag moet nadink.
Jeremia 14:7-10, 19-22 (15:1-5) - 21ste Sondag in Koninkrykstyd â 24 Oktober 2010
God verhoor nie ons gebede net omdat ons so mooi, korrek en "opreg" bid nie. Ons gebede word alleen verhoor omdat dit Jesus is wat ons by God uitbring en omdat dit Hy is wat vir ons by die Vader intree. Soos ons aanhou bid, verander God ons lewens al hoe meer om sy karakter te vertoon.
Jeremia 31:27-34 â 20ste Sondag in Koninkrykstyd â 17 Oktober 2010
Waar God is, is daar verandering. Hy is soos die see, ewig onrustig en besig, op soek daarna om die ongesonde gestaltes van ons rustigheid te verander. Ons moet wegbeweeg daarvan om die skuld by ander te soek en God toelaat om ons innerlik nuut te maak.
2 Timoteus 2:8-15 - Negentiende Sondag in Koninkrykstyd â Vierde Sondag: Seisoen van die Skepping â 10 Oktober 2010
Die brief is Paulus se testament. Hy praat hier oor sy naderende dood en stel Timoteus as sy geestelike opvolger aan. Hy is diep bewus van sy eie lyding, maar ook van die feit dat die Woord van die Here nie daardeur geboei kan word nie, maar kragtig versprei met die lewegewende boodskap van Jesus Christus.
2 Timoteus 1:1-12 - 18de Sondag in Koninkrykstyd â 3de Sondag: Seisoen van die Skepping â 3 Oktober 2010
Timoteus staan voor die donkerste tydperk in sy lewe. Paulus word deur die keiser na Rome weggeneem om gemartel te word. Hoe moet hy optree in die aangesig van so ân geweldige aanslag? Paulus sĂȘ: Hou aan God vas, omdat God jou vashou. En blaas die genadegawe van God, jou roeping, passie en gawes, soos ân vuur aan. Goeie raad ook vir ons in die storms van die lewe!
Jy kan ook 'n video file by Vimeo aflaai
1 Timoteus 6:6-19 - 17de Sondag in Koninkrykstyd â 2de Sondag: Seisoen van die Skepping â 26 September 2010
âIeder woelt hier om verandering.â Dit kontrasteer skerp met die diereryk waar daar soveel tekens van vrede en tevredenheid is. Ons teks roep ons op om met die nodige tevrede te wees. Gryperige hande vergryp hulle maklik aan God se goed. Die antwoord is om vrede in God te vind
1 Timoteus 2:1-7 - 16de Sondag in Koninkrykstyd â 1ste Sondag: Seisoen van die Skepping â 19 September 2010
Earthâs crammed with heaven, and every common bush afire with God; But only they who see take off their shoes â the rest sit round it and pluck blackberries. Geloof, my gehoorsaamheid aan God en ons lewe as gemeente van die Here het alles met die wĂȘreld, die publieke lewe en die ganse skepping te doen. Ons is gered om ân seĂ«n vir die ganse skepping en God se instrumente op elke terrein van die lewe te wees. Paulus herinner ons vandag daaraan dat gebed ons eerste verantwoordelikheid is.
Lukas 15:1-10 - 15de Sondag in Koninkrykstyd â 12 September 2010
Jesus vertel twee gelykenisse om God se soektog na dit wat verlore is te verduidelik. Hy doen dit omdat die FariseĂ«rs en Skrifgeleerdes beswaard is met Jesus se tafelgenote, mense van ân lae sedelike lewenspeil. Met die gelykenisse nooi Jesus die FariseĂ«rs en Skrifgeleerdes om ân prentjie van ân ander soort wĂȘreld te sien, die wĂȘreld vanuit God se oĂ«. Dit is ân wĂȘreld waarin die mees verwerplike mense wegdraai van hulle sonde, na God toe. ân WĂȘreld waarin verlore mense reageer op God se soektog, en God omhels. ân WĂȘreld waarin die kerklikes nie God se soektog teenstaan nie, maar daaraan deelneem.
Lukas 14:25-33 â 14de Sondag in Koninkrykstyd â 5 September 2010
Wat beteken dit prakties om radikaal georiĂ«nteer te wees aan Jesus? Watter kragte gaan daar van Jesus uit wat ons soos ystervylsels in die kragveld van dissipelskap op die regte koers plaas? Malan Nel sĂȘ daar is twee kragte: Ons verhouding met Jesus; Ons roeping wat uit die hand van die Here kom. Dissipelskap of navolging is die wese van ons lewe. Ons word opgeneem in ân verhouding met Jesus, en ons ontvang ân lewensroeping van Hom. Op hierdie pad leer ons lewenslank wat dit beteken om Jesus te volg.
Lukas 14:1, 7-14 â 13de Sondag in Koninkrykstyd â 29 Augustus 2010
Partytjies en gesellighede, funksies en dinees gee skop aan die lewe. Maar dit vertel meer van ons as wat ons dink. Sommige mense word genooi en ander uitgesluit. Jesus beliggaam in sy sosiale omgang ân ander ingesteldheid teenoor mense. Aansit by die tafel word die plek waar dinge verander. Konneksie oor allerlei grense vind plaas. Die feesmaal, die maaltyd, of die gesellige samesyn bevestig nie langer tradisionele sosiale groeperinge nie, maar skep nuwe verhoudinge, sluit mense in eerder as uit, en bring nuwe verhoudinge en verbande tot stand. Dit leer ons dat ware barmhartigheid bestaan uit mense wat hulle lewens met mekaar deel. Sowaar, mens proe al die vreugde van die groot partytjie aan die einde van die tye!
Jesaja 58:9-14 - 12de Sondag in Koninkrykstyd â 4de Sondag van die Seisoen van Barmhartigheid â 22 Augustus 2010
Iemand het eendag vir die antropoloog Margaret Mead gevra wat die vroegste teken van beskawing in enige kultuur sou wees. Haar antwoord was dat dit ân dybeen sou wees wat genees het. Die eerste bewys van âcompassionâ is die eerste teken van beskawing. So nooi hierdie teks ons uit om krities na ons godsdienspraktyke te kyk en weer kerk te wees op God se voorwaardes, van liefde, deernis en barmhartigheid.
Jesaja 5:1-7 - 11de Sondag in Koninkrykstyd â 3de Sondag in die Seisoen van Barmhartigheid â 15 Augustus 2010
Die boodskap van Jesaja 5 word met ân moderne âgelykenisâ, waarin hoop en teleurstelling mekaar afwissel, nuut vertel. Ons sondes teen ons medemens is uiteindelik ook sonde teen God. As ons nie iets doen aan onreg rondom ons nie, en ander laat deel in wat ons ontvang het nie, maak ons God se hand toe. God verwag daarom reg en geregtigheid, en mededeelsaamheid van ons, in antwoord op sy genade aan ons.
Jesaja 1:1,10-20 - 10de Sondag in Koninkrykstyd â 2de Sondag in die Seisoen van Barmhartigheid â 8 Augustus 2010
Israel lei aan geestelike blindheid terwyl hulle vroom met hulle vormgodsdiens volhou. Hulle rituele verblind hulle vir die werklike toestand van hulle lewe. Hulle âblurred visionâ moet gekorrigeer word sodat hulle God kan raaksien, sy genade weer kan ervaar, en in sy teenwoordigheid kan lewe.
Kolossense 3:1-11 â 9de Sondag in Koninkrykstyd / 1ste Sondag Seisoen van Barmhartigheid â 1 Augustus 2010
Almal van ons het iewers al radio-beheerde karretjies of vliegtuigies in aksie gesien. En ons weet een slegte bestuurder is altyd beter as twee bestuurders. Dit is ook waar in die geestelike lewe. Ons moet leer verstaan dat ons saam met Christus gesterf het en dat ons vorige lewe nie meer die âknoppiesâ van ons lewenskarretjie moet druk nie. Net Hy verdien om in die beheersentrum van ons lewe te wees.
Genesis 18:18-32 - 8ste Sondag in Koninkrykstyd - 25 Julie 2010
Dit is wonderlik om God in die grootsheid van die skepping te sien. Ons leer egter Sy hart ken in die pyn en storms van die lewe. Hy is die inspirasie vir die inskripsie uit die Talmoed op Oskar Schindler se ring (Schindler's List) wat lui: "He who saves the life of one man, saves the world entire." Indien een mens, maak nie saak wie nie, vir jou belangrik genoeg is om te red, het die wĂȘreld nog Ć kans.
Genesis 18:1-10 â 7de Sondag in Koninkrykstyd â 18 Julie 2010
Soos die Namakwaland se daisies wag vir die reën, so verskyn God in die winter van Abraham-hulle se verwagting om die vervulling van sy belofte aan te kondig. En Isak IS 'n jaar later gebore - die reën het gekom. So leef ons as kerk vandag nadat die eerste reëns reeds geval het. In Christus is die belofte van God se teenwoordigheid vervul.
Kolossense 1:1-14 â 6de Sondag in Koninkrykstyd â 11 Julie 2010
Terwyl dit waar is dat baie van die hoop waarin ons nou leef steeds toekomsmusiek is, breek die eerste note alreeds deur in ons lewens. Die Skepper van die nuwe harmonieë, begin om nou al die orkes sommige van die musiek te leer. Hy dirigeer ons reeds sodat die klanke ook die res van die samelewing kan bereik.
GalasiĂ«rs 6:7-16 â 5de Sondag in Koninkrykstyd â 4 Julie 2010
Hoe dikwels dra ek en jy ons nie dood aan ons eie laste nie? Loop ons nie soms skeef onder ons kruis, ons verdriet, ons teleurstellings en krisisse nie? En dit maak dat ons soms balans verloor. Hoe kan ons hierdie laste ligter maak of balanseer? Deur die laste van ons vriende of die mense rondom ons te dra. Deur iets vir iemand rondom jou te beteken. As jou kruis jou begin skeef trek, tel jou medemens se kruis ook op en so sal jy perspektief kry en verligting ervaar.
GalasiĂ«rs 5:1, 13-25 â 4de Sondag in Koninkrykstyd â 27 Junie 2010
Vir Paulus is die vryheid waartoe Christene geroep is, kosbaar. Ons is vrygemaak sodat ons God kan verheerlik deur die vrug van die Gees te dra. Daarom waarsku hy in ons teks dat daar voortdurend twee staatsgrepe is wat ons vryheid bedreig en dit van ons wil wegneem. Die staatsgreep van wettisisme en moralisme, en die staatsgreep van bandeloosheid.
GalasiĂ«rs 3:23-29 â 3de Sondag in Koninkrykstyd â 20 Junie 2010
Een van die grootste gevare vir die kerk is om sekere dinge te glo en selfs te bely in netjies geformuleerde belydenisskrifte, maar dit dan glad nie uit te leef in die praktyk nie! Dit wat ons sĂȘ en doen verskil hemelsbreed van mekaar. Paulus trek ân streep deur alle kulturele, ekonomiese en geslagsgrense wat mense gebruik om verdeeldheid in stand te hou, as hy sĂȘ (v 28): âDit maak nie saak of iemand Jood of Griek, slaaf of vry, man of vrou is nie: in Christus Jesus is julle almal één.â Nou is die toets of hulle dit nie net glo nie, maar ook gaan leef?
GalasiĂ«rs 2:15-21 - 2de Sondag in Koninkrykstyd â 13 Junie 2010
Geloof in Jesus Christus ken nie grense nie. Die toegang tot verlossing in Jesus Christus setel nie in jouself nie, maar in die genade van God deur Jesus Christus. Daarom kan niemand voorspel wie die genade sal hoor en aangryp nie. ân Voorwaarde vir insluiting in die geloofsgemeenskap is nooit hoe ordentlik, aanneemlik, aanvaarbaar en verdienstelik jy is nie.
Koninkrykstyd 1 â Omgewingsondag â Psalm 30 â 6 Junie 2010
Vir dekades reeds lewe ons in die geĂŻndustrialiseerde samelewing in relatiewe voorspoed, goeie gesondheid, gemak en sekuriteit. Ons kan dit sien as die seĂ«n van die Here, maar spoedig aanvaar ons hierdie seĂ«n as vanselfsprekend. Ons begin glo dat so ân rojale lewe onbepaald kan voortduur. Dan lei voorspoedigheid tot oormoedigheid. Die fokus verskuif van God na ons toe. Die psalmdigter leer ons om die lewe as ân gawe uit God se hand te beleef. Vandag weet ons dat selfs ons omgewing ân brose geskenk is, so ragfyn en breekbaar soos die lewe self.
Triniteitsondag â Johannes 16:12-15 â 30 Mei 2010
Triniteitsondag gaan oor die misterie van God, nie oor die misterie van ân dogma nie. Johannes help ons verstaan dat die Heilige Gees vir ons gegee is om ons te lei in die hele waarheid. Hy is soos ân kompas wat altyd Noord wys, en ons help om die Woord as God se stem aan ons te hoor. Hy verbind ons aan God in ân lewende verhouding sodat ons die groot waarheidsvrae van die lewe kan beantwoord, diĂ© vrae wat die wetenskap en ons sintuiglike waarnemings nie kan beantwoord nie: waar kom ons vandaan en waar gaan ons heen, en hoe leef ons op pad daarheen?
Pinksterfees â Johannes 14:8-17 â 23 Mei 2010
âWys vir ons die Vader, en dit is vir ons genoeg,â vra Filippus. Mens wonder hoeveel mense hierdie versugting deel: âAs ons net vir God kan sien!â Jesus sien en verstaan Filippus se hart. Daarom antwoord Hy met bemoediging: Daar kom ân ander Trooster, wat ons sal leer om Jesus te volg, en herinner aan alles wat Jesus gesĂȘ het ... en daarom âsal julle groter dinge as Ek doen,â tot eer van die Vader.
Sewende Sondag in Pase â Johannes 17:20-26 â 16 Mei 2010
Miskien dink ons te veel oor eenheid in terme van eendersheid. Soos die ma wat kyk na haar seun wat uit pas is met die jong polisiemanne en vroue wat netjies in gelid by ân parade marsjeer. âKan jy gloâ, sĂȘ sy vir die mense rondom haar, âmy seun is die enigste een wat in pas is!â Jesus bid in hierdie Skrifgedeelte vir herstelde verhoudings, vir geneesde mense, vir liefdevolle samesyn, wat dieselfde kwaliteit verhoudinge as diĂ© binne die Drie-eenheid sal hĂȘ, sonder dat almal eenders hoef te wees.
Hemelvaart â Handelinge 1:1-11 â 13 Mei 2010
Jesus gaan weg en niemand behalwe die Vader weet wanneer Hy gaan terugkeer nie. Die tyd tussen sy hemelvaart en sy terugkeer kan na leĂ« tyd voel. Ons kan dit deurbring deur verlangend en verlamd na die hemel te staar en te wonder wanneer Hy gaan terugkeer. Of ons kan die wonderlike betekenis van hierdie tyd vergeet en dit met onbenullighede volprop. Jesus laat hierdie moontlikhede egter nie oop nie: Hy vul die tyd met betekenis deur vir sy volgelinge ân betekenisvolle taak te gee.
Sesde Sondag in Pase â Johannes 14:23-29 â 9 Mei 2010
Jesus leer ons in hierdie gedeelte dat die Heilige Gees as parakleet, die Een wat langs ons kom loop, aan ons gegee word. Dit is soos die keer dat Fanie se boot in die moeilikheid was en in die windskaduwee van ân groter boot die hawe kon bereik. Soos die groot boot se teenwoordigheid ân geskenk aan Fanie en sy manne was, so is God se teenwoordigheid ân geskenk aan ons.
Vyfde Sondag in Pase â Johannes 13:31-35 â 2 Mei 2010
Shane Claiborne het ân paar maande met moeder Teresa in die rioolslote van Kalkutta deurgebring. Die een ding wat hy nooit van haar sal vergeet nie is haar vervormde voete. 'n Suster het hom vertel dat sy nie wou hĂȘ dat iemand met die slegste paar skoene opgesaal sit nie, daarom soek sy self die swakstes uit. Die jare van slegte skoene dra, het haar voete vervorm. Dit is, skryf Shane, die soort liefde wat ander bo jouself stel. Liefde wat in die hart van Jesus gebore word. Dit is Jesus se nuwe gebod: âSoos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhĂȘ. As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is.â
Vierde Sondag in Pase - Handelinge 9:36-42 â 25 April 2010
Soos bye lewe vir plant, dier en mens moontlik maak, so het Tabita lewe geskenk aan ân groep gemarginaliseerde mense. Self ân vrou, het Tabita nie die beperkinge van haar bestaan as hindernis gesien om te doen wat sy geroep was om te doen nie. Sy was ân dissipel wat Jesus se lewegewende barmhartigheid en geregtigheid teenoor die mense rondom haar gepraktiseer het. Tabita het meer as kos en klere gegee. Sy het lewensruimte gegee. Meer nog: sy het lewe gegee. Tabita verteenwoordig ook die Bybelse aandrang op geregtigheid. Geregtigheid beteken dat mens sĂł lewe dat ander lewensruimte het, dat ander ook, by wyse van spreke, ân lewe kan hĂȘ en ân bestaan kan maak.
Derde Sondag in Pase - Handelinge 9:1-6 â 18 April 2010
Sou ons die verhaal moes oorvertel, sou ons waarskynlik Paulus se bekering as ân verdiende nederlaag beskryf. Die vervolger kyk op sy neus! Hy is oorwin! Jesus hanteer Paulus heeltemal anders. Die bekeringsverhaal word ân roepingsverhaal. In ân oogwink is Paulus se lewe oorgeplant in die lewe van Jesus van Nasaret. âOns noem hierdie gebeurtenis ân bekeringâ, skryf NT Wright, âmaar dit was meer soos ân vulkaniese uitbarsting, ân donderstorm en ân getygolf wat kragte saamsnoer. Indien die dood en opstanding van Jesus die skarnier was waarop die groot deur van die geskiedenis oopgeswaai het, was die bekering van Saulus van Tarsus die moment toe al die beloftes van God saamgebundel is, hulself in ân groot bal opgewen het, en deur daardie oop deur in die wye wĂȘreld uitgebars hetâ.
Tweede Sondag in Pase - Handelinge 5:27-32 â 11 April 2010
Lyding om Christus ontwil is ân werklikheid. Â Meer mense het in die 20ste eeu vir hul geloof in Christus gely en gesterf as in al 19 voorafgaande eeue. Â So was dit reg van die begin af. Â Petrus en die ander apostels word vervolg weens ân weldaad aan ân siek man en oor hoe hy genees is en weens hul getuienis oor Jesus van Nasaret. Â Net soos Jesus se opstanding die dood oorwin het, deurbreek se apostels se gewilligheid om te ly die mag van vrees, straf en afdreiging. Â Hulle bly onverstoord getuig.
Handelinge 10:34-43 â Paasfees â 4 April 2010
Die evangelie respekteer nie mensgemaakte grense of beperkinge nie. Die koninkryk verras jou met waar dit deurbreek. Petrus, die onwillige getuie aan huis van die nie-Joodse Kornelius, ontdek: âWaarlik, ek begryp nou eers dat God nie onderskeid maak nie, maar in enige volk mense aanneem wat Hom vereer en doen wat reg is.â
Psalm 22:1-18 â Goeie Vrydag â 2 April 2010
In die donkerste oomblik in die wĂȘreld se geskiedenis, wanneer Jesus gebroke aan die kruis hang, kies Hy die woorde van Psalm 22 om sy ellende voor God te verwoord: âMy God, my God, waarom het U my verlaat?â Hierdie psalm gee aan Hom woorde om sy diepste gevoel, sy klaaglike toestand, voor God se troon uit te stort ... ân Liefde so groot ...
Lukas 19:28-40 â 6de Sondag in Lydenstyd: Palmsondag â 28 Maart 2010
Lukas gee ân besondere perspektief op die Groot Lydensweek wat in Jerusalem afspeel. Daarmee help hy ons om te verstaan hoe ons lewe, ons roeping, ons missie as gelowiges en as gemeente inskakel by Jesus se missie. Ons ontdek: Waar ons inskakel by God se werk deur Jesus Christus op aarde; Hoe om ons lewe van geloof saam met Jesus as ân reis te verstaan; en Hoe ons gevorm word om as reisgeselskap saam met Jesus te lewe.
Johannes 12:1-8 â Vyfde Sondag in Lydenstyd â 21 Maart 2010
Ons dink verbeeldingryk na oor Maria wat belĂȘ in Jesus se dood met ân halfliter egte, baie duur nardusolie. Deur die lydende Here met reukolie te verheerlik, neem sy Jesus se lyding op haar, neem sy haar kruis op, dra sy haar deel van die lyding van Jesus. Soos Paulus later sou skryf: âDie sterwe van Jesus dra ons altyd saam in ons liggaam, sodat ook die lewe van Jesus sigbaar kan word in ons liggaamâ.
Psalm 32 - Vierde Sondag in Lydenstyd - 14 Maart 2010
Die Verlore Seun praat oor Psalm 32: âPsalm 32 is my lewensverhaal. Jy kan sĂȘ dis my geestelike DNA. En nie net myne nie. Wat met my gebeur het, en hoe ek behandel is, het die mense naaste aan my se lewens verander. Ons is nou sĂĄĂĄm Psalm 32. Dit is Ăłns geestelike DNA ... â
Psalm 63:1-8 - Derde Sondag in Lydenstyd - 7 Maart 2010
Baie mense beleef elke dag so ân âwoestynervaringâ soos Dawid en worstel deur hul eie âwoestyntraumaâ van eensaamheid, verlatenheid, depressie, onvervulde drome, onstabiliteit, vrees en spanning. Die psalmis deel sy persoonlike ervaring met God en vertel hoe hy ân antwoord op sy dilemma gevind het.
Filippense 3 verse 17 tot 4 vers 1 â Tweede Sondag in Lydenstyd â 28 Februarie 2010
In die gemeente van Filippi is daar verskillende soorte mense: Vyande van die kruis en burgers van die hemel. Vandag word gevra: by watter groep is jy? Trek jou Christen-wees mense aan of stoot dit hulle af? Kom lees wat Paulus hieroor sĂȘ asook verhale van mense se ervarings met Christene. En leer vir die kinders wat beteken Burgerskap.
Lukas 4 verse 1 tot 13 â Eerste Sondag in Lydenstyd â 21 Februarie 2010
Die tema vir die week is versoekings. Jesus se versoeking in die woestyn bly altyd aktueel omdat ons almal vatbaar is vir hierdie drie versoekings van die duiwel. Leer by Jesus hoe om dit teen te staan.
2 KorinthiĂ«rs 3 vers 12-4 vers 2 â Sondag van die Verheerliking â 14 Februarie 2010
Die Gees van liefde help ons om sonder sluiers rond te loop! Ons maak onsself met sluiers toe as jy met vrees leef of as daar haat in jou opbou of as jy net vir jouself leef. Die Gees van liefde transformeer vrees na vryheid, haat na liefde en self gerigtheid na 'n lewe as getuienis. Kom beleef die Valentyns dag die ewige onsterflike karakter van die liefde van die Gees.
Lukas 5 verse 1 tot 11 â Vyfde Sondag na Epifanie â 7 Februarie 2010
Ons loop so baie mis omdat ons die voor die hand liggende nie kan herken nie. God se Seun is in hulle boot, maar Petrus kyk die voor die hand liggende feit mis. Kom lees van Petrus se ervarings en verhale van mense wat dieselfde gedoen het en kry die voor die hand liggende beginsels van verandering.
Lukas 4 verse 21 tot 30 â Vierde Sondag na Epifanie â 31 Januarie 2010
Jesus laat jou geen ander keuse nie - jy is Ăłf vir Hom Ăłf teen Hom! Jy is Ăłf committed aan Hom Ăłf nie! Jy volg Hom of jy kruisig Hom. Hierdie keuse - vir of teen Hom - word getoets in jou reaksie op Jesus se woorde, nog dieper - dit word gesien in ân leefstyl!
Lukas 4 verse 14 tot 21 â Derde Sondag na Epifanie â 24 Januarie 2010
Vandag is die genadejaar! Hoe kan die wĂȘreld die genadejaar vandag in 2010 ervaar? As die Christelike gemeenskap ân asemskep-oord word om emosioneel gesond te word/wees, waar borrel baddens borrel met God se liefde, waar jy in die stoom van God se genade kan stoom, waar jy die aromaterapie kry deur die vergifnis van God in te asem - sulke dinge raak jou diepste wese, maak jou emosioneel gesond, laat jou ân genadejaar beleef.
Johannes 2 verse 1 tot 11 â Tweede Sondag na Epifanie â 17 Januarie 2010
Jesus se eerste wonderwerk vind nie by ân begrafnis plaas nie, maar by ân bruilof! Miskien wil die teks vandag ons weer help om ons âsense of wonderâ te herontdek! Waar Jesus is, is blydskap!
Lukas 3 verse 15 tot 17 en 21 tot 22 â Eerste Sondag na Epifanie â 10 Januarie 2010
Ons doop is baie meer as ân simbool van die weg wassing van ons sondes. Dit verteenwoordig ons identifikasie met Jesus Christus, ons inlywing in die liggaam van Christus - in God se familie. Leef daaruit â jy is gedoop, jy is nie op jou eie nie, jy behoort aan God, jy is deel van Sy familie! Kom lees hoe jy die betekenis weer by jou familie kan inskerp.
Psalm 72 â Epifanie fees diens â 3 Januarie 2010
Die gebed in Psalm 72 skilder vir ons ân prentjie van ân wĂȘreld waarin God se weergawe van reg geld. Die Bybelse woord hiervoor is sjaloom. Daar is lewensruimte vir almal. Almal is veilig. Almal het genoeg... Kom lees van mense wat gedoen en geleef het en ân verskil gemaak het.
1 Samuel 2 verse 18 tot 20 en 26 â Sondag na Kersfees â 27 Desember 2009
Wie wil nie fiks en aantreklik wees nie? Tydskrifte is vol met voorstelle, gyms bied aanloklike aansluitings aanbiedinge aan. Maar wat van geestelik fiks (die begeerte om reg te leef) en aantreklik (reg te doen en praat)? Al manier hoe ek en jy geestelik fiks en aantreklik kan word, is om te maak soos God voorstel. As mense Rabbiâs destyds gevra het: âWaar is die Here?â was hulle antwoord:Â âGod is sigbaar in die lewens van gelowiges!â Ons teks vandag help ons na Kersfees om te fokus op geestelike fiksheid sodat mense âthe reason for the seasonâ in gelowiges se lewens kan sien.
Jesaja 9 verse 2 tot 7 â Kersfeesdiens â 25 Desember 2009
Kyk, Kersfees herinner ons weer dat die onmoontlike - die wonders soos asemhaal, babas, ens. - God se werk is. Die moontlike is ons werk. Maar natuurlik doen ons selfs die moontlike net met hope hulp van Bo! Wat ookal jy vandag mag glo, die geboorte van Jesus was so belangrik dat dit die geskiedenis in twee dele verdeel het. Alles wat op planeet aarde gebeur het, val in ân kategorie â voor Christus of na Christus.
Miga 5 Verse 2 tot 5 â Vierde Sondag in Advent â 20 Desember 2009
Kom ons luister na wat Luther lank terug op Kersfees 1534 geskryf het: âDaar is baie wat dink: as ek net in Betlehem was  hoe vinnig sou ek nie die Baba gehelp het nie  ek sou sy doeke gewas het. Hoe bly sou ek nie wees om saam met die herders na die krip te kon gaan nie. Ja, jy sou. Jy sĂȘ so omdat jy weet hoe wonderlik groot Christus is, maar as jy destyds daar was, sou jy nie beter gevaar het as die mense van Betlehem nie. Kinderagtig en verspot is sulke denke! Waarom doen jy dit nie nou nie? Jy het vir Christus in jou naaste!â Hy kom nog steeds onverwags... Maar uit dit leer ons ook God werk nog steeds deur die onbelangrike, onbenullige. Miga 5 help ons om nuut te dinkâŠ
Sefanja 3 verse 14 tot 20 â Derde Sondag in Advent â 13 Desember 2009
God stuur vir ons ân Kerskaartjie wat uitstaan tussen al die ander Kersboodskappe wat jy kry, want ons kan die kaartjie heeljaar lees - verkieslik eerste ding in die mĂŽre en laaste ding in die aand, maar sommer ook enige tyd in die dag ook. Op die voorblad sĂȘ God: Wees met alles wat jy is, vrolik en bly. In die binnekant sĂȘ God: Ek is vol vreugde oor jou. Hy sien wat ons kan wees!
MALEAGI 3 VERSE 1 TOT 4 â TWEEDE SONDAG IN ADVENT â 6 DESEMBER 2009
Die mense aan wie die boek Maleagi gerig is, het gedink God is afwesig, maar God bevind net die teenoorgestelde. God is nie afwesig nie, maar die gemeente is afwesig! Ons leer in die gedeelte dat God soos ân silwersmid is, wat ons wil suiwer om weer aanwesig te wees soos mense wie se oĂ« oop is ... God se oĂ«, ore en hande.
JEREMIA 33 VERSE 14 TOT 15 - EERSTE SONDAG IN ADVENT - 29 NOVEMBER 2009
Of dit nou die begin is van lewe, met al sy broosheid, die begin van ân huwelik met al sy risikoâs, die begin van ân werk met al sy uitdagings ⊠enige begin is moeilik en taai. Dis ook waar van ân nuwe kerkjaar. As ons weer die storie van ons Here se lewe opnuut begin belewe, erken ons enige begin is moeilik, maar daar is hoop. Dit is die hoop wat Jeremia 33:14-16 met ons deel.