God praat - leef luisterryk (vergaderings)

Frederick Marais het navorsing gedoen oor die wyse waarop ons vergaderings in die kerk hou. Die resultaat is hierdie boek wat die luistersiklus aanwend om gelowiges te help om geloofsonderskeidend te kan vergader. Aan die hand van die verhaal van ’n gemeenteleier uit die eerste gemeente van Handelinge, word gelowiges begelei om die bewegings van die Gees te onderskei, wat kan lei tot "luisterryke” besluite.

Hierdie boek help leiers en reisgenote, gidse op die nuwe pad, om beter te luister. Dit lê die fondament vir die onafwendbare kreatiewe ontploffing wanneer leiers saam luister en hulle roeping hoor. Ware geloof is immers die moed om verder te gaan as wat mens kan sien

Opsomming van inhoud:

Deel een: Inleidend
Deel twee: Agtergrondkennis en die gebruik van die luistersiklus
Hoofstuk 1: God praat … in die eerste persoon
Hoofstuk 2: Die gebruik van die luistersiklus in vergaderings
Deel drie: Die luistersiklus
Hoofstuk 3: Eerste beweging – rus
Hoofstuk 3: Eerste beweging – rus
Hoofstuk 5: Derde beweging – leef
Deel vier: Hulpmiddels
Bronnelys
Skrywer: Frederick Marais

Prys: R44.95  (14 % BTW ingesluit)
    
Aantal bladsye: 153 

Teikenmark: Bybelstudie-, klein- en selgroepe.

Navrae en direkte bestellings: Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien     Deelnommer: 0860 26 33 42